close
Gaan na inhoud

Vlag van Italië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van Italië
Vlag van  Italië
Vlag van Italië
Bynaam il Tricolore
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 2:3
Goedgekeur 19 Junie 1946[1]
Ontwerp ’n Vertikale driekleur in groen, wit en rooi.
Wisselvormvlag van  Italië
Wisselvormvlag van Italië
Gebruik Burgerlike vlag en vaandel Burgerlike vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 9 November 21946
Ontwerp ’n Vertikale driekleur in groen, wit en rooi met ’n gekombineerde historiese wapenskild van Venisië, Genua, Pisa en Amalfi in die wit baan.
Wisselvormvlag van  Italië
Wisselvormvlag van Italië
Bynaam Staatsvaandel
Gebruik Staatsvaandel Staatsvaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 24 Oktober 2003
Ontwerp ’n Vertikale driekleur in groen, wit en rooi met die Italiaanse wapen in die wit baan.
Wisselvormvlag van  Italië
Wisselvormvlag van Italië
Bynaam Vlootvaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 9 November 1947
Ontwerp ’n Vertikale driekleur in groen, wit en rooi met die Italiaanse Vlootwapen in die wit baan.
Wisselvormvlag van  Italië
Wisselvormvlag van Italië
Bynaam Oorlogsvlag
Verhouding 1:1
Ontwerp ’n Vertikale driekleur in groen, wit en rooi.

Die nasionale vlag van Italië (Italiaans: bandiera d’Italia) is op 19 Junie 1946 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie ewe wye vertikale bane in groen, wit en rooi met die groen baan aan die vlagpaalkant soos gedefinieer in Artikel 12 van die Italiaanse grondwet.[2] Daar word na die vlag as die Driekleur (il Tricolore. Die Italiaanse wet reguleer die gebruik en vertoon daarvan, beskerm die verdediging daarvan en maak voorsiening vir die vlagskennis; dit skryf ook die onderrig daarvan in Italiaanse skole voor, saam met ander nasionale simbole van Italië.

Die Italiaanse vlagdag, genaamd Driekleurdag is ingestel deur wet nr. 671 van 31 Desember 1996 en word elke jaar op 7 Januarie gevier. Hierdie viering herdenk die eerste amptelike aanvaarding van die driekleur as ’n nasionale vlag deur ’n soewereine Italiaanse staat, die Cispadaanse Republiek, ’n Napoleontiese susterrepubliek van die Eerst eFranse Republiek, wat op 7 Januarie 1797 in Reggio Emilia plaasgevind het, op grond van die gebeure na die Franse Rewolusie (1789–1799) wat, onder andere, nasionale selfbeskikking bepleit het. Die Italiaanse nasionale kleure het vir die eerste keer op 21 Augustus 1789in Genua verskyn op ’n driekleur-kokade, wat die eerste groen, wit en rooi Italiaanse militêre oorlogsvlag met sewe jaar vooruitgegaan het, wat op sy beurt op 11 Oktober 1796 deur die Lombardiese Legioen in Milaan aangeneem is.

Na 7 Januarie 1797 het die steun vir die Italiaanse vlag bestendig gegroei, totdat dit een van die belangrikste simbole van Italiaanse eenwording geword het, wat op 17 Maart 1861 uitgeloop het op die proklamasie van die Koninkryk van Italië, waarvan die driekleur die nasionale vlag geword het. Na die aanneming daarvan het die driekleur een van die mees herkenbare en bepalende kenmerke van die verenigde Italiaanse staatskap in die volgende twee eeue van die geskiedenis van Italië geword.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die Franse Rewolusie

[wysig | wysig bron]
BERJAYA
Die Franse kokarde, wat ontstaan het en versprei isonder die opstande van die Franse Rewolusie

Die Italiaanse driekleur, soos ander driekleurvlae, is geïnspireer deur die Franse een, wat deur die rewolusie in 1790 op Franse vloot-oorlogskepe ingebruik geneem is,[3] en is simbolies van die hernuwing wat deur die oorsprong van Jakobinisme teweeggebring is.[4][5][6] Kort na die gebeure van die Franse rewolusie het die ideale van sosiale vernuwing wyd begin versprei op grond van die voorspraak van die Verklaring van die Regte van die Mens en van die Burger van 1789, insluitend in Italië. Daarop het politieke vernuwing gevolg met die eerste patriotiese gisting gerig op nasionale selfbeskikking wat later gelei het tot die Italiaanse eenwording op die Italiaanse skiereiland.[6][7] Om hierdie rede het die Franse blou, wit en rooi vlag die eerste verwysing van die Italiaanse Jakobyne geword en vervolgens ’n bron van inspirasie vir die skep van ’n Italiaanse identiteitsvlag.

Op 12 Julie 1789, twee dae voor die bestorming van die Bastille, het die rewolusionêre joernalis Camille Desmoulins die betogers gevra watter kleur hulle as simbool van die Franse Rewolusie moes aanneem terwyl hy die Paryse skare tot opstand aangemoedig het, en groen, ’n simbool van hoop, of die blou van die Amerikaanse Rewolusie, ’n simbool van vryheid en demokrasie, voorgestel. Die skare het aangedring op groen kokardes.[8] Desmoulins het toe ’n groen blaar opgetel en dit bo sy kop as hoed gehou as ’n kenmerkende teken van die rewolusionêre.[8] Die groen in die primitiewe Franse kokarde, is onmiddellik laat vaar ten gunste van blou en rooi, die antieke kleure van Parys, omdat dit ook die kleur van die koning se broer, die Graaf van Artesië, was wat na die Eerste Teruggawe monarg geword het as Karel X van Frankryk.[9] Die Franse driekleurkokarde is toe op 17 Julie 1789 voltooi met die byvoeging van wit, die kleur van die Huis van Bourbon, uit eerbied vir koning Lodewyk XVI van Frankryk, wat steeds regeer het ten spyte van die gewelddadige opstande wat in die land gewoed het; die Franse monargie is op 10 Augustus 1792 afgeskaf.

BERJAYA
Die Italiaanse kokarde waarop die nasionale kleure van Italië in 1789 gebaseer is

Die eerste gedokumenteerde gebruik van die Italiaanse nasionale kleure is 21 Augustus 1789. In die historiese argiewe van die Republiek Genua word berig dat ooggetuies gesien het hoe sommige betogers ’n rooi, wit en groen kokarde aan hul klere vertoon.[10] Die Italiaanse koerante van daardie tyd het verwarring geskep oor die feite van die Franse Rewolusie, spesifiek in verband met die vervanging van groen met blou, en berig dat die Franse driekleur groen, wit en rooi was.[11] Toe die korrekte inligting oor die chromatiese samestelling van die Franse driekleur Italië bereik het, het die Italiaanse Jakobyne besluit om groen in plaas van blou te hou, omdat dit die natuur voorgestel het en dus metafories ook verwys het na natuurlike regte, of sosiale gelykheid en vryheid, al drie beginsels wat vir hulle kosbaar was.[12]

Die rooi, wit en groen kokarde het toe ’n paar jaar later, op 13–14 November 1794, weer verskyn en is gedra deur ’n groep studente van die Universiteit van Bologna, gelei deur Luigi Zamboni en Giovanni Battista De Rolandis, wat ’n volksoproer wou beplan om die Katolieke regering van Bologna,[13][14] ’n stad wat destyds deel was van die Kerklike Staat, omver te werp. Zamboni en De Rolandis het hulself as “patriotte” gesien en driekleurkokardes gedra om aan te dui dat hulle geïnspireer is deur Jakobynse rewolusionêre ideale, maar het dit ook aangepas om hulle kokarde van die Franse kokarde te onderskei.

Die rooi, wit en groen kokarde het na die gebeure van Bologna verskyn tydens Napoleon Bonaparte se intog in Milaan op 15 Mei 1796 plaasgevind het.[15] Hierdie kokardes, met die tipiese sirkelvorm, het rooi aan die buitekant, groen op ’n tussenposisie en wit in die middel gehad.[16] Hierdie ornamente is deur die oproeriges gedra, selfs tydens die godsdienstige seremonies wat in die Katerdaal van Milaanse gehou is as teken van dank vir Napoleon, wat, ten minste aanvanklik, as ’n bevryder beskou is.[15] Die driekleurkokardes het toe een van die amptelike simbole geword van die Milanese Nasionale Garde, wat op 20 November 1796 gestig is, en het vandaar verder in die Italiaanse skiereiland versprei.[12] Die groen, wit en rooi kokarde het later in so ’n mate versprei dat dit geleidelik die enigste ornament was wat in Italië deur die oproeriges gebruik is.[17] Die patriotte het dit “Italiaanse kokarde” begin noem, wat dit een van die simbole van die land gemaak het.[17] Die groen, wit en rooi driekleur het dus ’n sterk patriotiese waarde verkry en een van die simbole van nasionale bewustheid geword, ’n verandering wat geleidelik daartoe gelei het dat dit die kollektiewe verbeelding van die Italianers binnegedring het.[17]

Die Napoleontiese tydperk

[wysig | wysig bron]
BERJAYA
Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Die oorlogsvlag van die Lombardiese Legioen, die eerste militêre eenheid om die drie Italiaanse kleure te aanvaar

Die oudste gedokumenteerde vermelding van die Italiaanse driekleurvlag hou verband met Napoleon Bonaparte se eerste intog op die Italiaanse skiereiland. Die eerste gebied wat deur Napoleon verower is, was Piëmont; in die historiese argief van die Cherasco-munisipaliteit van Piëmont, word ’n dokument bewaar wat op 13 Mei 1796, tydens die Skietstilstand van Cherasco tussen Napoleon en die Oostenryks-Piëmontese troepe, die eerste vermelding van die Italiaanse driekleur bevestig, met verwysing na munisipale baniere wat op drie torings in die historiese sentrum gehys is.[18] In die dokument is die term “groen” later doodgetrek en vervang deur “blou”, die kleur wat – saam met wit en rooi – die Franse vlag vorm.[4]

Met die aanvang van die eerste veldtog in Italië het die Jakobyne van die Italiaanse skiereiland op talle plekke in opstand gekom en, saam met die Italiaanse soldate wat in die Napoleontiese leër was, tot die Franse oorwinnings bygedra.[19][20] Hierdie hernuwing is deur die Italianers aanvaar, ten spyte daarvan dat dit hoofsaaklik virdie gemak van Frankryk was, wat sterk imperialistiese neigings gehad het omdat die nuwe politieke situasie beter as die vorige een geag is. Hierdie tweeledige koppeling met Frankryk was meer aanvaarbaar as die vorige eeue van absolutisme.[21]

BERJAYA
Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Cispadaanse Republiek, die eerste Italiaanse driekleur wat deur ’n soewereine staat aanvaar is (1797)

Op 11 Oktober 1796 het Napoleon die ontstaan van die Lombardiese Legioen, ’n militêre eenheid wat saamgestel is deur die Algemene Administrasie van Lombardye[22][23] wat deur die Transpadaanse Republiek (1796–1797) gelei is, per brief aan die Directoire meegedeel.[24] Op hierdie dokument is in verwysing na die oorlogsvlag wat op die Franse driekleur gevolg het en wat deur die Milaanse patriotte aan Napoleon voorgestel is,[15] berig dat hierdie militêre eenheid ’n rooi, wit en groen banier sou hê, kleure wat voorheen deur die Milaanse Nasionale Wag gebruik is, sowel as op die kokardes.[25][26][27] In ’n seremonie op 16 November 1796 by die Piazza del Duomo is ’n militêre vlag aan die Lombardiese Legioen oorhandig. Die Lombardiese Legioen was dus die eerste Italiaanse militêre afdeling wat hom met ’n driekleurvlag in die vorm van ’n banier, toegerus het.[24] Die eerste amptelike goedkeuring van die Italiaanse vlag deur die owerhede was dus as ’n militêre kenteken van die Lombardiese Legioen en nog nie as die nasionale vlag van ’n soewereine Italiaanse staat nie.[28]

Met die opeenvolging van Napoleon se militêre oorwinnings en die gevolglike stigting van republieke wat gunstig gestaan het teenoor rewolusionêre ideale, is rooi, wit en groen in baie Italiaanse sttede op militêre baniere aanvaar as ’n simbool van sosiale en politieke vernuwing.[6] Op 19 Junie 1796 is Bologna deur Napoleon se troepe beset.[29] Op 18 Oktober 1796[30] het die Napoleontiese vergadering van landdroste en afgevaardigdes van Bologna, saam met die stigting van die Italiaanse Legioen (waarvan militêre banier bestaan het ​​uit ’n rooi, wit en groen driekleur, waarskynlik geïnspireer deur die soortgelyke besluit van die Lombardiese Legioen),[15][25][31] besluit om ’n burgerlike banier van rooi, wit en groen te skep, hierdie keer onafhanklik van militêre gebruik.[30] Die Italiaanse vlag het, na die aanvaarding deur die Bolognese vergadering, ’n politieke simbool geword van die stryd vir die onafhanklikheid van Italië van buitelandse moondhede. Die gebruik van die vlag in die burgerlike sfeer het dit ook dan ondersteun.[30]

Die eerste rooi, wit en groen nasionale vlag van ’n soewereine Italiaanse staat is op 7 Januarie 1797 aangeneem, toe die Veertiende Parlement van die Cispadaanse Republiek (1797), op voorstel van Giuseppe Compagnoni, besluit het “om die … standaard of vlag van drie kleure, groen, wit en rooi …, universeel te maak”:[32]

BERJAYA
Giuseppe Compagnoni word beskou as die “vader van die Italiaanse vlag”

[…] Uit die notule van die XIVde Sitting van die Cispadaanse Kongres: Reggio Emilia, 7 Januarie 1797, 11 vm. Patriotiese Saal. 100 deelnemers is teenwoordig, afgevaardigdes van die bevolkings van Bologna, Ferrara, Modena en Reggio Emilia. Giuseppe Compagnoni het ook voorgestel dat die standaard of Cispadaanse vlag van drie kleure, groen, wit en rooi, universeel gemaak moet word en dat hierdie drie kleure ook in die Cispadaanse kokarde gebruik moet word, wat deur almal gedra moet word. Dit is aanvaar. […][Note 1]

Aanvaardingsdekreet van die driekleur deur die Cispadaanse Republiek

Aangesien Compagnoni die groen, wit en rooi driekleurvlag voorgestel het, word hy as die “vader van die Italiaanse vlag” beskou.[33][34] Die kongresbesluit om ’n groen, wit en rooi driekleurvlag aan te neem, is toe begroet met ’n jubelende atmosfeer en met ’n luide applous.[35] Die aanvaarding van die Italiaanse vlag deur die Cispadaanse Republiek, ’n soewereine Italiaanse staat, is geïnspireer deur hierdie banier van Bologna, wat op sy beurt gekoppel is aan ’n munisipaliteit en dus steeds ’n suiwer plaaslike omvang, en aan die vorige militêre baniere van die Lombardiese Legioen en die Italiaanse Legioen.[5][36] In die besonder is die Italiaanse Legioen gevorm deur soldate van Emilia en Romagna. Die vlag van die Cispadaanse Republiek was ’n vierkant met rooi bo en, ’n wit baan in die middel met ’n embleem wat bestaan ​​het uit ’n lourierkrans versier met ’n wapentrofee en vier pyle, wat die vier provinsies verteenwoordig wat die Republiek gevorm het, en ’n groen baan onder. Weens die rewolusie in het die betekenis van die vlag aldaar van “dinasties” en “militêr” na “nasionaal” verander, en hierdie konsep, wat nog onbekend was in Italië, is deur die Franse aan die Italianers oorgedra.[37]

BERJAYA
Die Sala del Tricolore wat later die raadsaal van die Reggio Emilia-munisipaliteit geword het, waar die Italiaanse vlag op 7 Januarie 1797 ontstaan het

Die Cispadaanse en die Transpadaanse Republieke het in 1797 saamgesmelt in die Cisalpynse Republiek (1797–1802) en het die vertikale vierkantige driekleur sonder kenteken in 1797 aanvaar. Die kleure van die vlag van die Cisalpynse Republiek is oorspronklik horisontaal gerangskik, met groen bo-aan,[38] maar op 11 Mei 1798 het die Groot Raad van die pasgestigte staat ’n Italiaanse driekleur as die nasionale banier gekies met die kleure vertikaal gerangskik.[39][40][41] By die formele viering van die stigting in die nuwe republiek, wat op 9 Julie in Milaan plaasgevind het, is deur 300 000 mense gevier, insluitend gewone burgers, Franse soldate en verteenwoordigers van die groot munisipaliteite van die republiek.[21] Die geleentheid is gekenmerk deur ’n oproer van driekleurvlae en kokardes.[38] By hierdie geleentheid het Napoleon hul driekleurbaniere plegtig aan die militêre eenhede van die pasgestigte republiek oorhandig.[14]

Die vlag van die Cisalpynse Republiek is tot 1802 behou, toe dit herdoop is tot die Napoleontiese Italiaanse Republiek (1802–1805). Gevolglik is ’n nuwe vlag aanvaar, hierdie keer met ’n rooi veld wat ’n groen vierkant binne ’n wit ruit bevat het; die presidensiële standaard van Italië wat sedert 14 Oktober 2000 in gebruik is, is deur hierdie vlag geïnspireer.[42]

Dit was gedurende hierdie tydperk dat die groen, wit en rooi driekleur hoofsaaklik die kollektiewe verbeelding van die Italianers binnegedring het en ’n ondubbelsinnige simbool van Italiaansheid geword het.[43][44] In minder as 20 jaar het die rooi, wit en groen vlag sy eie uniekheid verkry, en het dit baie beroemd en bekend geword.[43]

In 1799 het die onafhanklike Republiek Lucca onder Franse invloed gekom en die vertikale groen, wit en rooi vlag horisontaal aanvaar, met groen bo-aan; dit het tot 1801 geduur. In 1805 het Napoleon sy suster, Elisa Bonaparte Baciocchi, as Prinses van Lucca en Piombino ingestel. Hierdie gebeurtenis word herdenk in die opening van Leo Tolstoi se Oorlog en Vrede.[45]

In dieselfde jaar, nadat Napoleon homself tot die eerste Franse Keiser gekroon het, is die Italiaanse Republiek omskep in die eerste Napoleontiese Koninkryk van Italië (1805–1814), of Italico, onder sy direkte heerskappy. Die vlag van die Koninkryk van Italië was dié van die Republiek in reghoekige vorm, met die goue Napoleontiese arend as wapenfiguur.[46] Dit het in gebruik gebly tot die Napoleon se ondergang in 1814.

Italiaanse eenwording

[wysig | wysig bron]

Die 19de eeuse rewolusies

[wysig | wysig bron]
BERJAYA
Die Vyf-dae-opstand (1848), waarvan een van die simbole die driekleur was

Met die val van Napoleon en die herstel van die absolutistiese monargiese regimes, het die Italiaanse driekleur ondergronds gegaan en die simbool geword van die patriotiese gisting wat in Italië begin versprei het[15][43] en die simbool wat al die pogings van die Italiaanse volk tot vryheid en onafhanklikheid verenig het.[47] In die Koninkryk Lombardye-Venesië, ’n staat afhanklik van die Keiserryk Oostenryk wat na die val van Napoleon ontstaan het, was diegene wat die Italiaanse driekleur vertoon het, onderhewig aan die doodstraf.[48] Die Oostenrykers se doelwit was in die woorde van keiser Frans Josef I van Oostenryk:[49]

[Die driekleur is verband om] mense te laat vergeet dat hulle Italiaans is.

Frans Josef I van Oostenryk

Tussen 1820 en 1861 het ’n reeks gebeure gelei tot die onafhanklikheid en unifikasie van Italië (behalwe vir Veneto en die provinsie Mantua, Latium, Trentino-Suid-Tirol en Juliaanse Venesië, bekend as Italia irredenta, wat in 1866 na die Derde Italiaanse Onafhanklikheidsoorlog, in 1870 na die inname van Rome, en in 1918 na die Eerste Wêreldoorlog onderskeidelik met die res van Italië verenig is); hierdie tydperk van die Italiaanse geskiedenis staan ​​bekend as die Risorgimento. Die Italiaanse driekleur is vir die eerste keer in die geskiedenis van die Risorgimento op 11 Maart 1821 tydens die revolusies van die 1820’s in die Sitadel van Alessandria vertoon, na die vergetelheid wat veroorsaak is deur die herstel van die absolutistiese monargiese regimes.[50]

Die groen, wit en rooi vlag het weer verskyn tydens die revolusies van 1830,[50] hoofsaaklik as gevolg van Ciro Menotti, die patriot wat die rebellie in Italië begin het.[51][52] Menotti het veral aangevoer dat ’n monargie die beste staatsvorm vir ’n verenigde Italië was met ’n soewerein wat deur ’n nasionale kongres gekies word. Die hoofpunte van hierdie idee was Rome as die hoofstad van Italië en die driekleurvlag as ’n nasionale banier.[53] Op 5 Februarie 1831, tydens die Forlì-opstande, het die patriot Teresa Cattani haarself tydens die aanval op die gebou wat die setel van die Gesantskap van Romagna was in die driekleurvlag toegedraai, en die skote van die pouslike soldate uitgedaag.[50]

In 1831 het Giuseppe Mazzini die driekleur gekies as simbool van Jong Italië.[54] ’n Oorspronklike vlag van Jong Italië word in die meuseum van die Risorgimento en Mazziniese instituut in Genua bewaar.[55] Van 1833 tot 1834 het die simboliek van die driekleur van noord- en sentraal-Italië[50] af deur die Italiaanse skiereiland versprei.[56] Oor die rede waarom die Italiaanse patriotte aan die opstande van 1830-1831 deelgeneem het, het Mazzini gesê:[57]

Vra diegene wat van een punt na ’n ander gehardloop het om die verskillende distrikte bymekaar te bring, na die vlag wat tussen daardie oproerige tye gewapper het. Daardie vlag was die Italiaanse vlag; daardie eerste stemme was stemme van Vaderland en broederskap.[Note 2]

Giuseppe Mazzini

Die Italiaanse vlag het ook onder die politieke uitgewekenes inslag gevind en het die simbool van die stryd om onafhanklikheid en die eise vir liberaler grondwette geword.[58] In 1834 is die driekleur deur die oproerlinge wat Savoje probeer binneval het, aanvaar[59][60] terwyl die driekleurvlag van Jong Italië in 1835 deur Giuseppe Garibaldi na Suid-Amerika geneem is in sy tyd as uitgewekene.[58]

BERJAYA
Driekleurvlag geskenk deur die vroue van Milaan aan Koning Karel Albert van Piedmont-Sardinië tydens die Eerste Italiaanse Onafhanklikheidsoorlog (1848–1849). Dit word vertoon in die Koninklike Wapenkamer van Turyn.

Die Italiaanse vlag is ook gedurende die opstande van 1837 in Sisilië, 1841 in Abruzze en 1843 in Romagna vertoon.[50][61] In 1844 het die Gebroeders Bandiera ’n driekleur van Jong Italië vertoon in hul mislukte poging om die inwoners van die Koninkryk van die Twee Sisiliës aan te vuur.[59] Die patriotte wat die twee broeders gevolg het, se uniform het bestaan uit ’n blou-en-groen hemp, wit broek, rooi handskerms, ’n rooi-en-groen kraag, ’n rooi leergordel en ’n pet met ’n kokarde in die kleure van die vlag van Jong Italië op die bors vasgespeld.[62]

Italiaanse driekleure is vertoon ter uitdaging van die owerhede wat die verbod afgekondig het, en ook ter herdenking van die opstand van die Genuese kwartier Portoria teen die Habsburgse besetters tydens die Oostenrykse Erfenisoorlog. Tydens hierdie geleentheid, wat op 10 Desember 1847 in Genua plaasgevind het op die plein van die santuario della Nostra Signora di Loreto van die Genuese distrik Oregina, is Il Canto degli Italiani deur Goffredo Mameli en Michele Novaro vir die eerste keer in die geskiedenis gespeel; dit sou vanaf 1946 die Italiaanse volkslied word.[59][63] Il Canto degli Italiani verwys in ’n vers na die Italiaanse vlag:

[...] Laat een vlag, een hoop, ons vergader. Die uur van ons eenwording het gekom. [...][Note 3]

Il Canto degli Italiani

Die teks, wat in die tweede vers staan, spreek die hoop uit dat Italië, wat toe nog verdeeld was, in een land sal verenig onder een vlag.[63] Van hierdie tydperk af is die aarbeiboom-plant beskou as die nasionale simbool van Italië weens die groen blare, wit bloeisels en rooi bessies wat herinner aan die Italiaanse vlag.[64] Die aarbeiboom is ook die nasionale boom van Italië.[64]

BERJAYA
Die groen loof, wit bloeisels en rooi bessies van die aarbeiboom, met die kleure wat aan die Italiaanse vlag herinner: Om hierdie rede is dit een van Italië se nasionale simbole.[64]

Die Italiaanse vlag was ’n simbool van die Revolusiejaar 1848. In Maart 1848 is die Vyf-dae-opstand, ’n gewapende opstand wat gelei het tot die tydelike ontsetting van die stad onder Oostenrykse bewind, gekenmerk deur ’n oorvloed aan vlae en driekleur-kokardes.[65][66] Op 20 Maart, gedurende ’n hewige geveg met die Oostenrykers wat in die Castello Sforzesco en binne die stadsmure se beskermende stelsel verskans was, het die patriotte Luigi Torelli en Scipione Bagaggia daarin geslaag om op die dak van die Katedraal van Milaan te klim en die vlag van die hoogste toringspits (die een met die Madonnina) te laat wapper.[67] Die oomblik toe die driekleur aan die toringspits verskyn het het die skare op die grond ’n entoesiastiese “Hoera!” uitgeroep.[68] Hierdie historiese vlag word in die Museum van die Risorgimento in Milaan bewaar.[69] Die patriot Luciano Manara het daarna daarin geslaag om die driekleur bo-aan die Victoria-poort te hys terwyl hy onder geweervuur van die Oostenrykers verkeer het.[68] Toe die Oostenrykse veldmaarskalk Josef Radetzky die stad op 22 Maart verlaat het, het dit gelei tot die onmiddellike vestiging van die voorlopige regering van Milaan onder voorsitterskap van die podestà Gabrio Casati wat die volgende proklamasie uitgereik het:[70]

Kom ons raak vir eens en altyd ontslae van vreemde oorheersing in Italië. Aanvaar die driekleurvlag wat oor die land wapper vir julle onverskrokkenheid en sweer om dit nooit weer te skeur nie.[Note 4]

Gabrio Casati

Die proses om die vlag van Italië in een van die nasionale Italiaanse simbole te omskep was voltooi nadat die vlag se gebruik verstewig gedurende die opstande in Milaan.[59]

BERJAYA
Die Sisiliaanse rewolution van 1848, wat gekenmerk is deur gebruik van die driekleur

Die volgende dag het koning Karel Albert van Sardinië die voorlopige regering van Milaan verseker dat sy troepe gereed was om hom te hulp te snel deur die Eerste Italiaanse Onafhanklikheidsoorlog te begin. Hulle sou ’n driekleur met die Savooise wapenskild gerojeer op die wit as ’n oorlogsvlag gebruik.[71][72] In sy proklamasie aan die Lombardies-Venesiaanse volk het Karel Albert gesê:[73]

Om die verbintenis tot Italiaanse eenwording duideliker met uiterlike tekens te toon, wil ons hê dat ons troepe … die Savoje-skild op die Italiaanse driekleurvlag plaas.[Note 5]

Karel Albert van Sardinië

Omdat die wapen, geblazoneer ’n silwer kruis op rooi, met die wit baan van die vlag gebots het, het dit blou fraiings gekry, met blou as die dinastiese kleur, hoewel dit nie ooreenstem met die heraldiese tradisie van tinktuur nie.[74] Die reghoekige burgerlike- en staatsvariante is in 1851 aanvaar.

’n Tydelike driekleur bestaande uit rooihemde, groen vertoonwerk en ’n wit laken is gehys aan die vlagpaal van die skip wat Giuseppe Garibaldi kort na die uitbreek van die Eerste Italiaanse Onafhanklikheidsoorlog van Suid-Amerika na Italië teruggebring het.[75] Die patriotte wat by die hawe van Genua vergader het om Anita Garibaldi se terugkeer te verwelkom, het ten aanskoue van 3 000 mense aan haar ’n driekleur gegee om aan Giuseppe Garibaldi te gee sodat hy dit op Lombardiese grond kon plant.[76]

Die Groothertogdom Toskane het nie met die toestaan ​​van die grondwet (17 Februarie 1848) die nasionale banier verander nie (“Die Staat behou sy vlag en sy kleure”), maar het later per dekreet die gebruik van ’n driekleurserp naas die simbole van die Groothertogdom aan die Tiskaanse burgermagte toegestaan ​​(25 Maart 1848).[77] Die Groothertog het, onder druk van die Toskaanse patriotte, die driekleurvlag ook aanvaar as ’n staatsbanier en as ’n militêre banier vir die troepe wat gestuur is om Karel Albert van Sardinië te help.[75][78] Soortgelyke maatreëls is deur die Hertogdom Parma en Piacenza en deur die Hertogdom Modena en Reggio aanvaar.[79]

BERJAYA
Die proklamasie van die Republiek San Marco in Venesië (1848), gekenmerk deur die vertoon van driekleurvlae

Die vlag van die konstitusionele Koninkryk van die Twee Sisiliës, te wete ’n wit vlag met die wapenskilde van Castile, Leon, Aragon, Twee Sisiliës en Granada daarop, is deur Ferdinand II gewysig deur die toevoeging van ’n rooi-en-groen omboorsel. Die vlag is van 3 April 1848 tot 19 Mei 1849 gebruik. Die voorlopige Regering van Sisilië, wat van 12 Januarie 1848 tot 15 Mei 1849 bestaan het in die tyd van die Sisiliaanse Revolusie, het die Italiaanse driekleur, gerojeer met ’n driebenige simbool, die trinacria of triskelion, aanvaar.

Die Republiek San Marco wat in 1848 deur die Keiserryk Oostenryk onafhanklik verklaar is, het ook die driekleur aanvaar.[80][81] Die vlae wat hulle aanvaar het, het hulle direk gekoppel aan Italiaanse onafhanklikheid en pogings tot eenwording. Eersgenoemde die gerojeerde Italiaanse driekleur en laasgenoemde met, in die skildhoek, die gevleuelde St. Markusleeu wat van die vlag van die Republiek Venesië (maritieme republiek) wat van 697 nC tot 1797 nC bestaan het.[82] ’n Kroniekskrywer van daardie tyd het die laaste oomblikke van die daaropvolgende kapitulasie van die Republiek San Marco deur Oostenrykse troepe op 22 Augustus 1849, soos volg beskryf:[83]

Die driekleurvlag het bo elke werksplek, in elke gevaar, gewapper en omdat vyandige koeëls nie net die sy geskeur het nie maar die paal gebreek het, is onmiddellik iemand gevind om dit onder groot risiko te vervang.[Note 6]

Kroniekskrywer ten aanskoue van die Republiek San Marco se laaste ure

Historiese ontwikkeling van die Italiaanse vlag

[wysig | wysig bron]

Ontwerp

[wysig | wysig bron]

Kleure

[wysig | wysig bron]
BERJAYA
Een van die oorspronklike kopieë van die Italianse grondwet, nou in bewaring van die Historiese Argief van die President van Italië

Die kleure van die Italiaanse vlag word weergegee in artikel 12[86] van die Grondwet van die Italiaanse Republiek wat in staatskoerant (Gazzetta Ufficiale) No. 298, buitengewone uitgawe van 27 Desember 1947 gepubliseer is en het op 1 Januarie 1948 in werking getree:

Indien die vlag horisontaal vertoon word moet die groen aan die vlagpaalkant vertoon word en die rooi aan die wapperkant. Wanneer die vlag vertikaal vertoon word moet die groen bo-aan wees.[87]

Groen Wit Rooi
Bekskrywing Varinggroen Helderwit Vlamskarlaken
Heksadesimaal #008C45 #F4F5F0 #CD212A
RGB 0-140-69 244-245-240 205-33-42
CMYK 100-0-51-45 0-0-2-4 0-84-80-20

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Notas

[wysig | wysig bron]
  1. [...] Dal verbale della Sessione XIV del Congresso Cispadano: Reggio Emilia, 7 gennaio 1797, ore 11. Sala Patriottica. Gli intervenuti sono 100, deputati delle popolazioni di Bologna, Ferrara, Modena e Reggio Emilia. Giuseppe Compagnoni fa pure mozione che si renda Universale lo Stendardo o Bandiera Cispadana di tre colori, Verde, Bianco e Rosso e che questi tre colori si usino anche nella Coccarda Cispadana, la quale debba portarsi da tutti. Viene decretato. [...]
  2. Chiedetelo a coloro che corsero da un punto all'altro per affratellare le varie contrade, alla bandiera che sventolò tra quei moti. Quella bandiera fu la bandiera italiana; quelle prime voci erano voci di Patria e fratellanza
  3. [...] Raccolgaci un'unica bandiera, una speme: di fonderci insieme, già l'ora suonò. [...]
  4. Facciamola finita una volta con qualunque dominazione straniera in Italia. Abbracciate questa bandiera tricolore che pel valor vostro sventola sul Paese e giurate di non lasciarvela strappare mai più.
  5. Per viemmeglio dimostrare con segni esteriori il sentimento dell'unione italiana, vogliamo che le nostre truppe, entrando nel territorio della Lombardia e della Venezia, portino lo Scudo di Savoia sovrapposto alla bandiera tricolore italiana
  6. Le bandiere tricolori sventolavano sopra ogni opera, in ogni pericolo, e perché le palle nemiche non solo ne stracciavano la seta, ma rompevano il bastone, si trovava subito chi a gran rischio andava a sostituirne un'altra.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Italië". Flags of the World. Besoek op 17 September 2025.
  2. Costituzione della Repubblica Italiana Art. 12, 22 Desember 1947, pubblicata nella Gazzetta Ufficiale n. 298 van 27 Desember 1947, buitengewone uitgawe (gepubliseer in die Staatskoerant van die Italiaanse Republiek, No. 298 van 27 Desember 1947, buitengewone uitgawe) “La bandiera della Repubblica è il tricolore italiano: verde, bianco, e rosso, a tre bande verticali di eguali dimensioni”
  3. (fr) "Le drapeau français – Présidence de la République" (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Desember 2017. Besoek op 13 Februarie 2013.
  4. 1 2 (it) "Otto mesi prima di Reggio il tricolore era già una realtà" (in Italiaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2016. Besoek op 14 Januarie 2016.
  5. 1 2 (it) "I simboli della Repubblica" (PDF) (in Italiaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 6 Oktober 2015. Besoek op 14 Januarie 2016.
  6. 1 2 3 Maiorino 2002, p. 156.
  7. Fiorini 1897, pp. 239–267 and 676–710.
  8. 1 2 (it) Bolzano, Giacomo (2005). Giovani del terzo millennio, di Giacomo Bolzano (in Italiaans). Armando Editore. ISBN 9788883587504. Besoek op 9 Maart 2017.
  9. (it) "Il verde no, perché è il colore del re. Così la Francia ha scelto la bandiera blu, bianca e rossa ispirandosi all'America" (in Italiaans). Besoek op 9 Maart 2017.
  10. (it) Ferorelli, Nicola (1925). "La vera origine del tricolore italiano". Rassegna Storica del Risorgimento (in Italiaans). XII (fasc. III): 662. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2019. Besoek op 22 September 2019.
  11. (it) Ferorelli, Nicola (1925). "La vera origine del tricolore italiano". Rassegna Storica del Risorgimento (in Italiaans). XII (fasc. III): 666. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2019. Besoek op 22 September 2019.
  12. 1 2 (it) "I valori – Il Tricolore" (in Italiaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2017. Besoek op 3 Mei 2017.
  13. (it) "Mostra Giovan Battista De Rolandis e il Tricolore". 150.provincia.asti.it. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2016. Besoek op 20 Augustus 2017.
  14. 1 2 Villa 2010, p. 12.
  15. 1 2 3 4 5 Villa 2010, p. 10.
  16. Colangeli 1965, p. 13.
  17. 1 2 3 (it) Ferorelli, Nicola (1925). "La vera origine del tricolore italiano". Rassegna Storica del Risorgimento (in Italiaans). XII (fasc. III): 668. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2019. Besoek op 22 September 2019.
  18. (it) Giovanni Francesco Damilano, Libro familiare di me sacerdote ed avvocato Giovanni Francesco Damilano 1775–1802, Cherasco, Fondo Adriani, Historiese Argief van die Stad Cherasco, 1803, p. 36.
  19. Tarozzi 1999, p. 66.
  20. Tarozzi 1999, p. 69.
  21. 1 2 Maiorino 2002, p. 162.
  22. Bovio 1996, p. 19.
  23. Tarozzi 1999, p. 67.
  24. 1 2 (it) "L'Esercito del primo Tricolore" (PDF) (in Italiaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 Maart 2017. Besoek op 8 Maart 2017.
  25. 1 2 Busico 2005, p. 11.
  26. (it) "Il significato dei tre colori della nostra Bandiera Nazionale". radiomarconi.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2018. Besoek op 20 Augustus 2017.
  27. Op 11 Oktober 1796, het Napoleon soos volg aan die Directoire geskryf, “Les couleurs nationales qu’ils ont adoptées sont le vert, le blanc et le rouge” (die nasionale kleure wat hulle aanvaar het is groen, wit en rooi), (fr) Corr. Nap. II, No. 1085; sien Frasca, Francesco Les Italiens dans l’Armée napoléonienne: Des légions aux Armées de la République italienne et du Royaume d'Italie Geargiveer 13 Mei 2009 op Wayback Machine Etudes napoléoniennes, Tome IV (pp. 374–396) Levallois: Centre d’études napoléoniennes, 1988
  28. Tarozzi 1999, pp. 67–68.
  29. Colangeli 1965, p. 14.
  30. 1 2 3 Villa 2010, p. 11.
  31. Tarozzi 1999, p. 68.
  32. (it) The tri-coloured standard. Leer ken Italië, Ministerie van Buitelandse Sake (besoek op 5 Oktober 2008) Geargiveer 23 Februarie 2008 op Wayback Machine
  33. Maiorino 2002, p. 157.
  34. Tarozzi 1999, p. 9.
  35. Maiorino 2002, p. 158.
  36. (it) "Bologna, 28 ottobre 1796: Nascita della Bandiera Nazionale Italiana" (in Italiaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 14 Januarie 2016.
  37. Fiorini 1897, p. 685.
  38. 1 2 Maiorino 2002, p. 163.
  39. Vecchio 2003, p. 42.
  40. Villa 2010, p. 13.
  41. Busico 2005, p. 17.
  42. (it) "Lo Stendardo presidenziale" (in Italiaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2017. Besoek op 4 Maart 2017.
  43. 1 2 3 Maiorino 2002, p. 169.
  44. Villa 2010, p. 15.
  45. “Nou ja, Prins, dit blyk Genua en Lucca is nou bloot familielandgoedere van die Bonapartes“, faksimilee van 1922 Engelse vertaling (en) Geargiveer 24 Desember 2008 op Wayback Machine deur Aylmer en Louise Maude, Project Gutenberg (besoek op 5 Oktober 2008)
  46. Bovio 1996, p. 37.
  47. (it) Ghisi, Enrico Il tricolore italiano (1796–1870) Milano: Anonima per l’Arte della Stampa, 1931; sien Gay, H. Nelson in The American Historical Review Vol. 37 No. 4 (pp. 750–751), Julie 1932 Sjabloon:JSTOR
  48. Colangeli 1965, p. 17.
  49. Bronzini 1986, p. 137.
  50. 1 2 3 4 5 Villa 2010, p. 18.
  51. Maiorino 2002, p. 170.
  52. Busico 2005, pp. 25–27.
  53. Busico 2005, p. 25.
  54. Maiorino 2002, p. 172.
  55. Maiorino 2002, p. 290.
  56. Tarozzi 1999, p. 74.
  57. Villa 2010, p. 53.
  58. 1 2 Maiorino 2002, p. 173.
  59. 1 2 3 4 Villa 2010, p. 19.
  60. Busico 2005, p. 27.
  61. Maiorino 2002, p. 174.
  62. Villa 2010, p. 55.
  63. 1 2 Maiorino 2002, p. 175.
  64. 1 2 3 (it) "Il corbezzolo simbolo dell'Unità d'Italia. Una specie che resiste agli incendi" (in Italiaans). 3 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2016. Besoek op 25 Januarie 2016.
  65. Bellocchi 2008, p. 38.
  66. Busico 2005, p. 33.
  67. Villa 2010, pp. 20–21.
  68. 1 2 Villa 2010, p. 21.
  69. Busico 2005, p. 191.
  70. Bellocchi 2008, p. 40.
  71. Bellocchi 2008, p. 49.
  72. Maiorino 2002, p. 179.
  73. Sien Lawrence, D. H. (ed. Philip Crumpton) Movements in European History (p. 230) Cambridge Universiteitspers, 1989 vir ’n oorsig
  74. Lo Statuto Albertino Art. 77, dato in Torino addì quattro del mese di marzo l'anno del Signore mille ottocento quarantotto, e del Regno Nostro il decimo ottavo (in Turyn gegee op die vierde van die maand Maart in die jaar van onse Heer eenduisend-agthonderd-agt-en-veertig en van ons Regent die agttiende)
  75. 1 2 Maiorino 2002, p. 184.
  76. Villa 2010, p. 20.
  77. Bellocchi 2008, p. 27.
  78. Bellocchi 2008, pp. 27–28.
  79. Bellocchi 2008, pp. 28–33.
  80. Bellocchi 2008, p. 43.
  81. Busico 2005, p. 32.
  82. Lawrence, op. cit. (p. 229)
  83. Busico 2005, p. 37.
  84. (it) "Verbali del Consiglio dei Ministri della Repubblica Sociale Italiana settembre 1943 – aprile 1945/24 novembre 1943". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2019. Besoek op 29 September 2019.
  85. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named "Forze Armate' 1944".
  86. (it) "La Costituzione della Repubblica Italiana" (in Italiaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2013. Besoek op 14 Januarie 2016.
  87. (it) "Il tricolore" (in Italiaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2016. Besoek op 22 Maart 2016.

Bibliography

[wysig | wysig bron]
  • Bellocchi, Ugo (2008). Bandiera madre – I tre colori della vita (in Italiaans). Scripta Maneant. ISBN 978-88-95847-01-6.
  • Bovio, Oreste (1996). Due secoli di tricolore (in Italiaans). Ufficio storico dello Stato Maggiore dell'Esercito. SBN IT\ICCU\BVE\0116837.
  • Busico, Augusta (2005). Il tricolore: il simbolo la storia (in Italiaans). Presidenza del Consiglio dei Ministri, Dipartimento per l'informazione e l'editoria. SBN IT\ICCU\UBO\2771748.
  • Colangeli, Oronzo (1965). Simboli e bandiere nella storia del Risorgimento italiano (PDF) (in Italiaans). Patron. SBN IT\ICCU\SBL\0395583. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2020. Besoek op 22 September 2019.
  • Fiorini, Vittorio (1897). "Le origini del tricolore italiano". Nuova Antologia di Scienze Lettere e Arti (in Italiaans). LXVII (vierde reeks): 239–267 and 676–710. SBN IT\ICCU\UBO\3928254.
  • Maiorino, Tarquinio; Marchetti Tricamo, Giuseppe; Zagami, Andrea (2002). Il tricolore degli italiani. Storia avventurosa della nostra bandiera (in Italiaans). Arnoldo Mondadori Editore. ISBN 978-88-04-50946-2.
  • Tarozzi, Fiorenza; Vecchio, Giorgio (1999). Gli italiani e il tricolore (in Italiaans). Il Mulino. ISBN 88-15-07163-6.
  • Villa, Claudio (2010). I simboli della Repubblica: la bandiera tricolore, il canto degli italiani, l'emblema (in Italiaans). Comune di Vanzago. SBN IT\ICCU\LO1\1355389.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.