close
Gaan na inhoud

Olimpiese Somerspele 1900

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spele van die IIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1900

Gehou in Parys, Frankryk
Deelnemende lande 24 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 997 (975 mans, 22 vroue)[2]
Items 95 in 19 sporte[4]
Openingseremonie 14 Mei 1900
(geen openingseremonie)[6]
Sluitingseremonie 28 Oktober 1900
(geen sluitingseremonie)
Amptelik geopen deur Alexandre Millerand
(Beskermheer)
Atlete-eed (sedert 1920)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele 1896: Athene (Griekeland)
Volgende Spele 1904: St. Louis (VSA)

Die Olimpiese Somerspele 1900 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 1900), amptelik bekend as die Spele van die IIde Olimpiade, is in 1900 in Parys, Frankryk, as deel van die Wêreldtentoonstelling gehou.[7] Ondanks Griekse pogings om die Spele permanent in Griekeland te laat plaasvind, besluit die Internasionale Olimpiese Komitee om die Spele elke keer na 'n ander land te skuif. Vroue het vir die eerste keer aan kompetisies tydens die Olimpiese Spele deelgeneem.

BERJAYA
Opening van die wêreldtentoonstelling op 14 April 1900 in Parys

In teenstelling met die Olimpiese Somerspele 1896 was hierdie spele nie 'n groot sukses nie. Die sportplekke was oor die hele Paryse stadsgebied versprei en wedstryde is tydens die hele Wêreldtentoonstelling aangebied met lang onderbrekings daartussen. Die Olimpiese Somerspele is nie as sulks benoem nie en amptelik Concours Internationaux d’Exercices Physiques et de Sports ("Internasionale kompetisies vir Liggaamlike Opvoeding en Sport") genoem. Sommige atlete het eers jare later of nooit besef nie, dat hulle aan 'n Olimpiese Spele deelgeneem het.

Sporte

[wysig | wysig bron]

19 Olimpiese sportsoorte in 95 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 122 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

Stadions

[wysig | wysig bron]
BERJAYA
Vélodrome de Vincennes in Parys
BERJAYA
'n Gemengde Sweeds/Deense span klop Frankryk vir goud in toutrek

Sewe sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1900 gebruik:

Stadion Sporte Kapasiteit
7de arrondissement van ParysRuitersportNie gelys nie
Bois de BoulogneKroket, Polo, ToutrekNie gelys nie
Bois de VincennesBoogskietNie gelys nie
Boulogne-BillancourtSkyfskietNie gelys nie
CompiègneGholfNie gelys nie
Croix-Catelan-stadionAtletiekNie gelys nie
Le HavreSeilvaartNie gelys nie
Meulan-en-YvelinesSeilvaartNie gelys nie
Neuilly-sur-SeineBaskiese peloteNie gelys nie
PuteauxTennisNie gelys nie
SatorySkyfskietNie gelys nie
SeineRoei, Swem en WaterpoloNie gelys nie
Tuileries GardenVegkunsNie gelys nie
Vélodrome de VincennesKrieket, Fietsry, Sokker, Gimnastiek en RugbyNie gelys nie

Deelnemende nasies

[wysig | wysig bron]
BERJAYA
Kaart van deelnemende lande in 1900:

 Neem vir die eerste keer deel

 Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Parys

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Daarbenewens vermeld sommige bronne deelnemende atlete van die volgende nasies:

Getal medaljes

[wysig | wysig bron]
BERJAYA
Gedenkplaat van die Wêreldtentoonstelling vir sommige sportwedstryde

Hier is die top tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)715264134101
2Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)7519141447
3Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)102156930
4BERJAYA Gemengde span (ZZX)2363312
5Vlag van Switserland Switserland (SUI)166219
6Vlag van België België (BEL)5755515
7Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk (GER)764228
8Vlag van Italië Italië (ITA)252204
9Vlag van Australië Australië (AUS)22035
10Vlag van Denemarke Denemarke (DEN)131326

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  3. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
  4. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
  5. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  6. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  7. "Past Olympic host city election results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  8. "Brazil at the 1900 Paris Summer Games" (in Engels). Sports Reference. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
  9. "Colombia at the 1900 Paris Summer Games" (in Engels). Sports Reference. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
  10. "New Zealand at the 1900 Paris Summer Games" (in Engels). Sports Reference. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 2 Maart 2018.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (en) Bill Mallon (1998). The 1900 Olympic Games. Jefferson, Noord-Carolina: McFarland & Company, Inc. ISBN 9780786440641.
  • (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6.
  • (de) Karl Lennartz, Walter Teutenberg (1995). Olympische Spiele 1900 in Paris. Kassel: Agon-Sportverlag. ISBN 3-928562-20-7.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896   1900   1904   1906*   1908   1912   1916   1920   1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1996   2000   2004   2008   2012   2016   2020   2024   2028   2032

Olimpiese Winterspele: 1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1994   1998   2002   2006   2010   2014   2018   2022   2026   2030   2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.