close
Gaan na inhoud

Esiyembeni

Esiyembeni
Nedersetting
Esiyembeni is in KwaZulu-Natal
Esiyembeni
Esiyembeni
BERJAYA Esiyembeni se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 28°20′53″S 31°59′27″O / 28.34806°S 31.99083°O / -28.34806; 31.99083
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikUmkhanyakude
MunisipaliteitMtubatuba
Oppervlak
  Totaal41,04 km2 (15,85 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal6 905
  Digtheid168/km2 (440/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense0.1%
  Indiërs/Asiërs0.3%
  Bruin mense0.1%
  Swart mense99.4%
  Ander0.1%
Taal (2011)
  Zoeloe 93.4%
  Suid-Ndebele 1.9%
  Engels 1.7%
  Tswana 1.3%
  Ander 1.8%

Esiyembeni is 'n landelike nedersetting in die Mtubatuba Plaaslike Munisipaliteit van Umkhanyakude-distriksmunisipaliteit in noordoostelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is digby die samevloeiing van die Wit- en Swart-Mfoloziriviere, en teenoor die Fuleni-reserwe geleë.

Soos die res van die plaaslike munisipaliteit, val die nedersetting onder die jurisdiksie van die Mpukunyoni- Tradisionele Owerheid, 'n erkende leierskapsliggaam van die Zoeloe-sprekende Mkhwanazi-stam. Die gemeenskapsgrond word by die Ingonyama ingesluit, wat beteken dat inwoners onder die administrasie van die Ingonyama-trustraad val.

Die nedersetting lê naby die Somkhele-steenkoolmyn. Die oopgroefmyn word deur Tendele Coal Mining, ’n filiaal van Petmin, bedryf. Dit is sedert 2007 in bedryf, en is een van die grootste oopgroef-antrasietmyne in Suid-Afrika. Verdere myne van hierdie aard word vir die nabye Fuleni-reserwe beoog.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 3 4 "Hoofplek Esiyembeni". Sensus 2011.