close
Gaan na inhoud

W- en Z-bosone

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
W- en Z-bosone
Die W- en Z-bosone is regs op die Standaardmodel.
Die W- en Z-bosone is regs op die Standaardmodel.
SamestellingElementêre deeltjies
StatistiekBosonies
GroepYkbosone
WisselwerkingSwak
GeteoretiseerSheldon Glashow,
Steven Weinberg,
Abdus Salam (1968)
OntdekCERN, 1983
MassaW: 80,385±0,015 GeV/c2[1]
Z: 91,1876±0,0021 GeV/c2[1][2]
Verval inW: ±1 e
Z: 0 e
Spin1
Swak isospinW: ±1
Z: 0
Swak hiperlading0

Die W- en Z-bosone (saam bekend as die swak bosone) is die kragdraende elementêre deeltjies wat as bemiddelaar optree vir die swak wisselwerking. Hul simbole is W+, W- en Z. Die twee W-bosone het onderskeidelik ’n positiewe en negatiewe elektriese lading van 1 en is mekaar se antideeltjie. Die Z-boson is elektries neutraal en is sy eie antideeltjie. Al drie het ’n baie kort leeftyd. Hul ontdekking was ’n groot bydrae tot wat die Standaardmodel van deeltjiefisika genoem word.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 J. Beringer; et al. (2012). "2012 Review of Particle Physics - Gauge and Higgs Bosons" (PDF). Physical Review D. 86: 1. Bibcode:2012PhRvD..86a0001B. doi:10.1103/PhysRevD.86.010001.
  2. Grünewald, M. W.; Gurtu, A. (2013). "The Mass and Width of the W Boson" (PDF).

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]