Sybokhaar

Sybokhaar is 'n dierevesel wat van angorabokke geskeer word.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die invoer van hierdie diere is grootliks aan die ondernemingsgees van die Mosenthal Brothers-firma van Port Elizabeth te danke, wat in die jaar 1860 daarin geslaag het om aanteelvee vanuit Turkye in te voer. Aanvanklik het hulle dan ook 'n monopolie gehad. Later is aanvullende stamboekdiere met die hulp van Cecil John Rhodes uit Klein-Asië na die Kaap gebring.
Die bedryf was aan baie wisselinge blootgestel en is hoofsaaklik tot die Karoo en Oos-Kaap beperk. Die droë, struikagtige omgewing van die Camdeboo en omliggende Noorsveld is ideaal geskik vir Angorabokke. Op 'n stadium in 1985 was daar in die Kaapprovinsies alleen 3 000 000 angorabokke, hoewel daar sedert 2014 na raming slegs 'n breukdeel, tussen 640 000 en 855 000, nog voorkom. Daar is ongeveer 1 000 Angorabokplase in Suid-Afrika, met ongeveer 700 wat as kommersiële produsente beskou word.
