Portaal:Suid-Afrika
|
Suid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en eSwatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika. Suid-Afrika is een van die mees etnies diverse lande in Afrika. Die land het meer Europese immigrante ontvang as enige ander land in Afrika en het die hoogste bevolking van Europese, Indiese en gemengde afkoms. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land. 'n Ander belangrike faktor in die ontwikkeling van die land is die ryk mineraalbronne waaroor die land beskik. Die land se ekonomie is een van die grootste en mees ontwikkelde in die kontinent met moderne infrastruktuur in die hele land. bewerk
Gekose panorama
<div style="text-align:center;Johannesburg CBD in die oggend
bewerk Gekose artikel
Die Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend as die Suid-Afrikaanse oorlog oftewel die Anglo-Boereoorlog het vanaf Oktober 1899 tot Mei 1902 geduur. Gedurende hierdie oorlog het die twee Boererepublieke, die Zuid-Afrikaansche Republiek (ou Transvaal) en die Republiek van die Oranje-Vrystaat, kragte gemeet met die Britse Ryk, spesifiek die Kaapse en Natalse kolonies van Groot Brittanje. Die hele gebied waaroor hierdie oorlog plaasgevind het vorm vandag deel van die Republiek van Suid-Afrika.
Oor die sowat twee-en-'n-halwe jaar wat die oorlog geduur het, het dit Brittanje nagenoeg 200 miljoen pond, 448 435 Britse- en Rykssoldate en sowat 20 000 Britse lewens gekos om 'n "Boererebellie" te bemeester. Aan die kant van die Boererepublieke was die koste van die oorlog baie hoog. Elke republiek se ekonomie is totaal vernietig deur die "Verskroeide Aarde Beleid" wat deur die Britse generaals toegepas is. Toe die Boere by die Vrede van Vereeniging hul wapens neerlê, het baie as hoofrede vir hul oorgawe die lyding van hul vrouens en kinders aangevoer. Ongeveer 5 000 Boere het gedurende die oorlog gesneuwel, en ten minste 20 000 Boere en 12 000 Afrikane of Bantoes het hul lewens in konsentrasiekampe verloor, meestal kinders onder 16 jaar, hoofsaaklik as gevolg van swak voorbereiding, 'n tekort aan behoorlike sanitasie en swak skuiling. bewerk Gekose beeldDie Afrikaanse Taalmonument is 'n monument wat aan die Afrikaanse taal gewy is. Hierdie monument staan ook bekend as die Tweede Taalmonument. Die Eerste Taalmonument is opgerig te Burgersdorp in 1893. bewerk Gekose biografie
Nelson Rolihlahla Mandela (gebore 18 Julie 1918) was die eerste staatshoof (1994-1999) van 'n volledig demokratiese Suid-Afrika. Hy is in 1999 as staatshoof deur Thabo Mbeki opgevolg. Mandela word gereken as 'n ikoon in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Versoenend teenoor sy politieke vervolgers, nadat hy 27 jaar gevange gehou is te Robbeneiland, tree hy op as patriarg om wêreldwyd respek te ontlok vir sy leierskap. Sy aansien styg ook onder die wit Afrikaanse bevolking in Suid-Afrika, tradisioneel Nasionale Party-ondersteuners, wat hom in die apartheidsjare as "vyand" tipeer het. Saam met F.W. de Klerk ontvang Mandela die Nobelprys vir vrede gedurende 1993. Hy oorhandig die William Webb Ellis trofee aan Francois Pienaar nadat die Springbokke die 1995 Rugby Wêreldbeker gewen het.
bewerk Museums en momumentebewerk
Kategorieë
| ||||||||||||||||||||||||||||||||




