Melbourne
Melbourne | |
|---|---|
Stad | |
Ligging van Melbourne | |
Kaart van Melbourne | |
| Koördinate: 37°48′49″S 144°57′47″O / 37.81361°S 144.96306°O | |
| Land | |
| Deelstaat | |
| Administratiewe verdeling | 31 Local Government Areas |
| Stigting | 30 Augustus 1835 |
| Regering | |
| • Burgemeester | Robert Doyle |
| Oppervlak | |
| • Stedelik | 8 806 km2 (4 055,9 vk. myl) |
| Hoogte | 31 m (102 ft) |
| Bevolking | |
| • Stad | 5 096 298 (2 021) |
| Tydsone | UTC+10:00 (AOST) |
| • Somertyd | UTC+11:00 (AODT) |
| Webwerf | melbourne.vic.gov.au |
Melbourne (Engels: [ˈmɛlbərn], ) is die hoofstad van die Australiese deelstaat Victoria en die tweede grootste stad in Australië naas Sydney met 'n bevolking van meer as vyf miljoen volgens die 2021-sensus.

Die nedersetting is in 1835 deur 'n groep koloniste uit Tasmanië op die oewers van die Yarrarivier gestig. In 1842 word dit as 'n stad geproklameer.
Melbourne is 'n multikulturele stad wat mense van orals oor die wêreld verwelkom. Dit is bekend vir sy tremme. Die stad het verskeie groot parke en ook 'n paar strande.
Klimaat
[wysig | wysig bron]| Weergegewens vir Melbourne (Stad) | |||||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Maand | Jan | Feb | Mar | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sep | Okt | Nov | Des | Jaar |
| Hoogste maksimum (°C) | 45,6 | 46,4 | 41,7 | 34,9 | 28,7 | 22,4 | 23,3 | 26,5 | 31,4 | 36,9 | 40,9 | 43,7 | 46,4 |
| Gemiddelde maksimum (°C) | 25,9 | 25,8 | 23,9 | 20,3 | 16,7 | 14,1 | 13,5 | 15,0 | 17,2 | 19,7 | 22,0 | 24,2 | 19,9 |
| Gemiddelde minimum (°C) | 14,3 | 14,6 | 13,2 | 10,8 | 8,6 | 6,9 | 6,0 | 6,7 | 8,0 | 9,5 | 11,2 | 12,9 | 10,2 |
| Laagste minimum (°C) | 5,5 | 4,5 | 2,8 | 1,5 | −1,1 | −2,2 | −2,8 | −2,1 | −0,5 | 0,1 | 2,5 | 4,4 | −2,8 |
| Neerslag (mm) | 47,3 | 48,1 | 50,4 | 57,3 | 56,0 | 49,2 | 47,6 | 50,1 | 58,0 | 66,2 | 60,3 | 59,3 | 649,6 |
| Reëndae (d) | 8,4 | 7,5 | 9,4 | 11,8 | 14,6 | 15,4 | 16,1 | 16,1 | 14,9 | 14,2 | 11,8 | 10,4 | 150,6 |
| Humiditeit (%) | 47 | 48 | 49 | 52 | 59 | 63 | 61 | 56 | 53 | 50 | 49 | 47 | 52,9 |
| Bron: Bureau of Meteorology (Australië)[1] | |||||||||||||
Sport
[wysig | wysig bron]

Melbourne beskik met die Melbourne-krieketveld oor 'n belangrike toetskrieketstadion. Beide die Australiese nasionale krieketspan en die Australiese nasionale vrouekrieketspan speel van hulle tuiswedstryde in die stad. Die Melbourne-krieketveld het onder andere wedstryde tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1988, die krieketwêreldbekertoernooie in 1992 en 2015, asook beide die T20I-vrouewêreldbeker 2020 en die T20I-wêreldbeker 2022 gehuisves.
In rugby is Melbourne voorheen tydens Superrugby deur die Melbourne Rebels verteenwoordig wat sy tuiswedstryde op die Melbourne Reghoekige Stadion en vroeër op die Docklands-stadion gespeel het. In 2024 het Rugby Australia dié konsessie egter om finansiële redes onttrek.[2] Die Docklands-stadion is ook tydens die Rugbywêreldbeker 2003 gebruik. Dit sal ook tydens die Rugbywêreldbeker 2027 vir wedstryde gebruik word. In Melbourne speel beide die Wallabies en die Wallaroos van hulle tuiswedstryde op die Melbourne Reghoekige Stadion.
Die Melbourne-krieketveld huisves ook Australiese voetbal, 'n sport wat 1858 in Melbourne uitgevind is.[3] Die Australian Football League (AFL), dié sport se enigste professionele liga, het nege spanne alleen in Melbourne. Docklands-stadion dien as 'n tweede stadion vir AFL-wedstryde, maar die AFL se Groot Finaal word jaarliks op die Melbourne-krieketveld beslis. Die AFL se jaarlikse Groot Finaal is een van die land se besondersteunde sportbyeenkomste.[4]
Melbourne het ook die Olimpiese Somerspele 1956 gehou en in 2006 die 18de Statebondspele aangebied. In Januarie word jaarliks vir twee weke een van die mees prestigeryke kampioenskappe in professionele tennis aangebied: Die Australiese Ope. Dit vorm saam met die Franse Ope, VSA-Ope en Wimbledon-kampioenskap die vier "Grand Slam"-toernooie van elke jaar. Melbourne was ook een van die Australiese gasheerstede tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2023.
In Formule Een-wedrenne word die Australiese Grand Prix vroeg elke jaar op die Albert Park-straatrenbaan in Melbourne gehou.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Melbourne Regional Office". Climate statistics for Australian locations. Bureau of Meteorology (Australië). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 14 Oktober 2014.
- ↑ (en) "Rugby Australia statement regarding Melbourne Rebels". Rugby Australia. 30 Mei 2024. Besoek op 28 April 2026.
- ↑ (en) "History of Football". Australian Football League. Besoek op 28 April 2026.
- ↑ (en) Jack Snape (29 Desember 2024). "Which sport won 2024? Australian audiences feast on free-to-air despite streaming boom". The Guardian. Besoek op 28 April 2026.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Melbourne.- (en) Toerisme-inligting oor Melbourne op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf
- (en) "Melbourne". Encyclopædia Britannica. Besoek op 23 April 2025.
| Hoofstede van Australië | ||||
|---|---|---|---|---|
| ||||
