Skelde
| Skelde | |
|---|---|
|
Die stroomgebied van die Skelde. | |
| Oorsprong | Frankryk |
| Monding | Vlissingen (Nederland) Noordsee |
| Stroomgebied | Frankryk, België, Nederland |
| Lengte | 350 km (217 myl) |
| Oorspronghoogte | 95 m (312 voet) |
| Mondinghoogte | 0 m |
| Gemiddelde afloop | 120 m³/s (4 238 ft³/s) |
| Stroomgebiedopp. | 21 860 km² (8 440 myl²) |
| Kaart van die Skeldebekken in Europa. | |
Die Skelde (Nederlands: Schelde, Frans: Escaut, Engels: Scheldt) is 'n Wes-Europese rivier.Sy oorsprong is in Frankryk, en van daar af vloei dit deur België na Nederland, waar die rivier se monding is, in die nabyheid van Breskens en Vlissingen, en waar dit in die Noordsee uitmond. Syriviere van die Skelde sluit die Leie, Dender, Durme en Rupel in. Syriviere van die Rupel sluit die Nete, Zenne en Dyle in.
Die uitgestrekte hawe van Antwerpen vorm 'n belangrike handelsentrum. Die stad is die grootste nedersetting aan die Skelde.
By die Nederlandse grens was die Skelde oorspronklik in 'n westelike loop (die Westerskelde) en 'n oostelike loop (die Oosterskelde) vertak. Teenswoordig gaan die Skelde aan die grens slegs oor in die Westerskelde en is die Oosterskelde nie meer met die Skelderivier verbind nie.
Stede en munisipaliteite aan die Skelde
[wysig | wysig bron]- Cambrai (Frankryk)
- Valenciennes (Frankryk)
- Doornik (België)
- Oudenaarde (België)
- Gent (België)
- Berlare (België)
- Dendermonde (België)
- Hamme
- Antwerpen (België)
- Vlissingen (Nederland)
- Breskens (Nederland)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met Skelde. |

