close
Gaan na inhoud

Roswell, Nieu-Mexiko

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
BERJAYA
Roswell na die suide met die hoofstraat langs.

Roswell (uitgespreek RAHZwell) is 'n stad in die Chavesdistrik in Nieu-Mexiko, VSA, en die hoofstad daarvan.[1] Die bevolking volgens die sensus van 2020 is 48 422,[2] wat dit die vyfde digste bevolkte stad in Nieu-Mexiko maak. Dit is die tuiste van die Militêre Instituut van Nieu-Mexiko, wat in 1891 gestig is, en 'n kampus van die Universiteit van Oos-Nieu-Mexiko.

Die Roswellvoorval in 1947 is na die stad genoem, hoewel die terrein waar die VVV na bewering neergestort het, sowat 120 km noord van Roswell en nader aan Corona is. Die ondersoek en puinherwinning is deur die Roswellweermagvliegveld hanteer. Op die 50ste herdenking van die Roswellvoorval is 'n jaarlikse VVV-fees ingestel.

Roswell se toerismebedryf is geskoei op VVV-museums en -sakeondernemings, asook op ikonografie met temas van buiteaardse wesens en ruimtetuie. Die stad steun ook op Nieu-Mexiko- en Amerikaansverwante toerisme,[3][4] insluitende die Internasionale VVV-museum-en-navorsingsentrum.

In die stad is ook verskeie vervaardigings-, verspreidings- en petroleumverwante geriewe. In die distrik is acequia-tipe besproeiingsplase, asook melk- en veeplase.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Find a County". National Association of Counties. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2015. Besoek op 7 Junie 2011.
  2. "Explore Census Data". United States Census Bureau. Besoek op 5 Julie 2024.
  3. Birnes, W.J. (2010). Aliens in America: A UFO Hunter's Guide to Extraterrestrial Hotpspots Across the U.S. Adams Media. p. 184. ISBN 978-1-4405-0872-1. Besoek op 23 April 2020.
  4. Niederman, S. (2018). Explorer's Guide New Mexico (Third Edition) (Explorer's Complete). Countryman Press. p. 485. ISBN 978-1-68268-191-6. Besoek op 23 April 2020.

Skakels

[wysig | wysig bron]