Reign Over Me
| Reign Over Me | |
|---|---|
| Regisseur | Mike Binder |
| Vervaardiger |
|
| Draaiboek | Mike Binder |
| Met | |
| Musiek deur | Rolfe Kent |
| Kinematografie | Russ Alsobrook |
| Ateljee |
|
| Verspreider | Sony Pictures Releasing |
| Uitgereik | 23 Maart 2007 |
| Speeltyd | 124 minute |
| Land | VSA |
| Taal | Engels |
| IMDb-profiel | |
Reign Over Me is 'n Amerikaanse dramarolprent van 2007 wat deur Mike Binder geskryf en geregisseer is. Sy broer Jack Binder is 'n medevervaardiger en die hoofakteurs is Adam Sandler, Don Cheadle, Jada Pinkett Smith, Liv Tyler, Saffron Burrows en Donald Sutherland.
Die prent gaan oor twee voormalige universiteitsvriende en kamermaats Alan (Cheadle) en Charlie (Sandler). Laasgenoemde ly aan depressie ná die dood van sy vrou en drie dogters in die aanvalle op 11 September 2001. Dit is deur Columbia Pictures versprei en op 23 Maart 2007 in teaters uitgereik. Dit het gemengde resensies gekry.[1][2]
Rolverdeling
[wysig | wysig bron]- Adam Sandler as Charlie Fineman
- Don Cheadle as Alan Johnson
- Jada Pinkett Smith as Janeane Johnson
- Liv Tyler as Angela Oakhurst, Charlie se terapeut
- Saffron Burrows as Donna Remar, Alan se pasiënt
- Donald Sutherland as regter David Raines
- Mike Binder as Bryan, 'n ou vriend van Charlie
- Robert Klein as Jonathan Timpleman, Charlie se skoonpa
- Melinda Dillon as Ginger Timpleman, Charlie se skoonma
- Ted Raimi as Peter Saravino, Charlie se prokureur
- Jonathan Banks as Stelter, Alan se vennoot
Ontvangs
[wysig | wysig bron]Op Rotten Tomatoes was 64% van 151 resensies positief, met 'n gemiddelde punt van 6,3/10. Die webtuiste se konsensus lui: "Reign Over Me is 'n bekoorlike, aangrypende verhaal van vriendskap en verlies, met goeie vertolkings deur Adam Sandler as 'n gebroke, bedroefde man en Don Cheadle as sy ou vriend en redder."[3] Op Metacritic het die prent 'n telling van 61 uit 100 gekry, gebaseer op 33 resensies, wat dui op 'n "algemeen gunstige" ontvangs.[4]
Lisa Schwarzbaum het die prent in Entertainment Weekly 'n B− gegee en dit beskryf as "’n vreemde terapeutiese drama wat ewe veel deurtrek is van aantreklike goeie bedoelings as ontstellende onbeholpenheid." Sy het haar eie ongemak gedeel oor hoe die 11 September-aanvalle terloops as ’n storie-element in ’n fiktiewe dramakomedie ingesluit is, hoewel sy die rolprent se vertolkings en storie geprys het.[1] A.O. Scott het Reign Over Me in The New York Times beskryf as "waansinnig ongelyk… soveel oomblikke van grasie gevolg deur soveel struikelings en foute".[5]
Die videospeletjieblog Kotaku het die prent se insluiting van die videospeletjie Shadow of the Colossus geprys en gesê dit "hanteer speletjies tematies en intelligent".[6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- 1 2 Schwarzbaum, Lisa (21 Maart 2007). "Reign Over Me (2007)". Movies. Entertainment Weekly. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2007. Besoek op 18 Desember 2007.
- ↑ Scott, A. O. (23 Maart 2007). "Who Else but an Old Buddy Can Tell How Lost You Are?". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2012. Besoek op 12 Februarie 2017.
- ↑ "Reign Over Me". Rotten Tomatoes. Fandango Media. Besoek op 24 Augustus 2025.
- ↑ "Reign Over Me". Metacritic. Fandom, Inc. Besoek op 24 Augustus 2025.
- ↑ Scott, A.O. (23 Maart 2007). "Who Else but an Old Buddy Can Tell How Lost You Are?". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2012. Besoek op 12 Februarie 2017.
- ↑ Ashcraft, Brian. "Feature: The Colossus and the Comedian". Kotaku. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2017. Besoek op 3 April 2010.
Skakels
[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
