Gary Lineker
Lineker in 2023 | |||
| Persoonlike inligting | |||
|---|---|---|---|
| Geboortedatum | 30 November 1960 | ||
| Geboorteplek | Leicester, Engeland | ||
| Lengte | 1,77 m} | ||
| Speelposisie | Doelskieter | ||
| Jeugloopbaan | |||
| 1976–1978 | Leicester City | ||
| Seniorloopbaan* | |||
| Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
| 1978–1985 | Leicester City | 194 | (95) |
| 1985–1986 | Everton | 41 | (30) |
| 1986–1989 | Barcelona | 103 | (42) |
| 1989–1992 | Tottenham Hotspur | 105 | (67) |
| 1992–1994 | Nagoya Grampus | 18 | (4) |
| Totaal | 461 | (238) | |
| Nasionale span | |||
| 1984 | Engeland B | 1 | (0) |
| 1984–1992 | Engeland | 80 | (48) |
| * Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga.. † Kere uitgedraf (Doele). | |||
Gary Winston Lineker (gebore 30 November 1960) is ’n Engelse voormalige professionele sokkerspeler wat as ’n doelskieter (aanvaller) gespeel het. Lineker is die enigste speler wat die topskutswenner in Engeland was met drie verskillende klubs: Leicester City, Everton en Tottenham Hotspur. Hy het ook vir Barcelona in Spanje gespeel en 80 keer vir Engeland uitgedraf.
Sy medi loopbaan het by die BBC begin, waar hy sedert die laat 1990’s die hoofaanbieder van die sokkerprogram Match of the Day is – die langste ampstermyn van enige aanbieder van dié program. Lineker is ook die BBC se hoofaanbieder van regstreekse sokkerwedstryde, insluitend internasionale toernooie soos die FIFA Wêreldbeker. Hy het ook gewerk vir Al Jazeera Sports, Eredivisie Live, NBC Sports Network en BT Sport se dekking van die UEFA Champions League.
Lineker het sy sokkerloopbaan in 1978 by Leicester City begin en was die gesamentlike topskutswenner van die Eerste Divisie in 1984–85. Daarna het hy na die ligakampioene Everton geskuif, waar hy in sy debuutseisoen beide die PFA (Professional Footballers' Association) Speler van die Jaar en die FWA (Football Writers' Association) Sokkerspeler van die Jaar verower het. Daarna het hy by die Spaanse klub Barcelona aangesluit, waar hy die 1987–88 Copa del Rey en die 1989 Europese Bekerwenner-beker gewen het.
In 1989 het hy by Tottenham Hotspur aangesluit en sy tweede FWA Sokkerspeler van die Jaar gewen, sowel as die FA Cup, sy enigste groot trofee in Engelse sokker. Sy laaste klub was Nagoya Grampus in Japan, waar hy in 1994 ná twee seisoene afgetree het.
Lineker het in 1984 sy debuut vir Engeland gemaak en het in 80 internasionale wedstryde gespeel, waarin hy 48 doele aangeteken het oor agt jaar. Op sy uittrede was hy Engeland se tweede hoogste doelskieter en hy bly tans die vierde hoogste, agter Harry Kane, Wayne Rooney en Bobby Charlton. Sy doelgemiddeld per wedstryd is steeds een van die beste in die geskiedenis van die Engelse span.[1][2] Sy ses doele tydens die 1986 Wêreldbeker het hom die Goue Stewel besorg as toernooi se topskutswenner, en hy was tweede in die 1986 Ballon d'Or. Hy was weer ’n sleutelspeler in Engeland se vordering tot die halfeindronde van die 1990 Wêreldbeker, waar hy vier doele aangeteken het. Hy hou steeds die Engelse rekord vir die meeste Wêreldbeker-doele.
Lineker het nooit ’n geel of rooi kaart in sy hele loopbaan gekry nie, en hy het ook nooit ’n topvlak-ligatiteltrofee gewen nie.[3][4] In 1990 is hy vereer met die FIFA Fair Play-toekenning. In ’n loopbaan van 16 jaar en 654 mededingende wedstryde, het hy altesaam 331 doele aangeteken, insluitend 283 op klubvlak. Ná sy uittrede is hy opgeneem in die English Football Hall of Fame.
’n Ywerige ondersteuner van Leicester City, het hy in 2002 ’n konsortium gelei wat in sy ou klub belê het en dit van bankrotskap gered het. Hy is toe as erevisepresident aangestel.
Politieke sienings
[wysig | wysig bron]Benewens sy sokkervaardighede, is Gary Lineker bekend vir sy uitgesproke politieke sienings, wat hoofsaaklik via Twitter oorgedra word. Hy het onder andere kritiek uitgespreek op Brexit en Israel, steun vir klimaataktiviste wat die Wimbledon-kampioenskap ontwrig het, en simpatie vir vlugtelinge wat hul pad na die Verenigde Koninkryk vind.[5][6] In Mei 2025 is hy gedwing om uit sy kundige rol by die BBC te bedank nadat hy kritiek op Sionisme met 'n rot-emoji geïllustreer het, iets wat as antisemities geïnterpreteer kon word.[7]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "englandstats.com | 1207 Harry Kane (2015 - 2021)".
- ↑ "England national football team statistics and records: top scorers". 11v11.com. Besoek op 27 Mei 2021.
- ↑ Dart, James (10 Augustus 2005). "Multi-talented footballers". The Guardian.
- ↑ Davies, Huw (21 November 2018). "The 16 best players never to win a league title". FourFourTwo.
- ↑ "A history of Gary Lineker's most controversial posts - from Rwanda and Brexit to Gaza". Sky News. 19 Mei 2025. Besoek op 23 Mei 2025.
- ↑ "Climate protesters 'not going to hurt anyone' at Wimbledon – Gary Lineker". The Independent. 6 Julie 2023. Besoek op 23 Mei 2025.
- ↑ "BBC's Gary Lineker departs after sharing post about Zionism featuring a rat". politico.eu. 19 Mei 2025. Besoek op 23 Mei 2025.
