close
Gaan na inhoud

Leeds

Leeds
BERJAYA

Ligging in Engeland Kaart
BERJAYA
BERJAYA
Wapen
BERJAYA
 Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
 Land (VK) Vlag van Engeland Engeland
 Graafskap BERJAYA Wes-Yorkshire
 Koördinate 53°48′N 1°33′W / 53.800°N 1.550°W / 53.800; -1.550
 Oppervlakte:  
 - Totaal 551,72 vk km
 Bevolking:  
 - Totaal (2017) 784 800
 - Bevolkingsdigtheid 1 422/km²
 Tydsone UTC +0 (GMT)
 - Somertyd UTC +1 (BST)
 Lord Mayor Eileen Taylor
 Amptelike webwerf www.leeds.gov.uk

Leeds (Engels: [ˈliːdz]) is 'n stad en metropolitaanse borough in Wes-Yorkshire, Noord-Engeland wat as die kulturele, finansiële en kommersiële sentrum van die stedelike gebied van Wes-Yorkshire (West Yorkshire Urban Area) met 'n bevolking van 1,5 miljoen dien.

BERJAYA
Leeds CBD at night.jpgNagtelike uitsig oor Leeds se besigheidskern
BERJAYA
County Arcade, Victoria Quarter
BERJAYA
Victoriaanse meesterstuk: Cuthbert Brodrick se Leeds Corn Exchange is intussen omgeskep tot #n winkelsentrum

Leeds maak daarnaas deel uit van die metropolitaanse gebied van Leeds-Bradford, die vierde grootste in die Verenigde Koninkryk met 'n bevolking van sowat 2,3 miljoen en vorm die kernstad van die Leeds City Region, 'n ekonomiese streek met 'n bevolking van 2,9 miljoen. Vandag is Leeds die Verenigde Koninkryk se belangrikste sentrum vir sake-, regs- en finansiële dienste buiten Londen.

Die stad voer sy oorsprong terug na die 5de eeu toe die Koninkryk Elmet deur die bos van Loidis bedek was. Leeds het later 'n belangrike sentrum vir die wolbedryf geword wat ook tydens die nywerheidsomwenteling die basis van die plaaslike ekonomie sou vorm. Die stadsgebied van Leeds het vinnig uitgebrei en steeds meer nedersettings in die omgewing geabsorbeer om in die middel van die 20ste eeu tot een van Engeland se digsbevolkte stede te groei. Die huidige kernstad is met 'n bevolking van sowat 441 000 volgens die sensus van 2010 die vyfde grootste stedelike nedersetting in die Verenigde Koninkryk.

'n Aantal nedersettings in die Verenigde State en Kanada is na Leeds genoem.

Leeds was een van die gasheerstede tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1975, 1979, 1983, 1999, 2019, die Rugbywêreldbeker 2015 en die T20I-vrouewêreldbeker 2026.

Demografie

[wysig | wysig bron]

Leeds is een van die grootste stede in die Verenigde Koninkryk. In 2006 was die bevolking in die distrik 85% Blankes, 5,7% Indiërs en 3,5% Swartes.

Susterstede

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Leeds.
  • (en) Toerisme-inligting oor Leeds op Wikivoyage
  • (en) Amptelike webwerf
  • (en) Visit Leeds
  • (en) "Leeds". Encyclopædia Britannica. Besoek op 11 Desember 2025.