close
Gaan na inhoud

Latynse alfabet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Latynse Alfabet)
Latynse alfabet
BERJAYA
Soort skryfstelsel  Alfabet
Tyd gebruikSedert 700 v.C.
RigtingLinks na regs
TaleTalle
Stelsels
Moederstelsels
Susterstelsels
ISO 15924Latin, 215
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Die Latynse alfabet is die stelsel letters wat oorspronklik deur die antieke Romeine gebruik is om die Latynse taal te skryf. Dit het sedertdien grootliks onveranderd gebly behalwe vir 'n paar letters: J is verdeel van I en U] is verdeel van V, W is bygevoeg, en uitbreidings (soos letters met diakritiese tekens). Dit vorm die Latynse skrif wat gebruik word om baie tale wêreldwyd te skryf: in Noord-, Sentraal-, Suid- en Wes-Europa, in Afrika suid van die Sahara, in die Amerikas en in Oseanië. Die Latynse alfabet is die alfabet wat deur so te sê alle Westerse tale as skryfmedium gebruik word, insluitend Afrikaans en die ander amptelike tale van Suid-Afrika.

Die basiese moderne inventaris van 26 letters is gestandaardiseer as die ISO basiese Latynse alfabet.

Oorsprong

[wysig | wysig bron]

Die voorloper van die westerse alfabet is ontwikkel deur die Fenisiërs (sien Fenisiese alfabet). In gewysigde vorm is dit deur die Grieke oorgeneem. Die Romeine het weer 'n nuwe alfabet daarvan afgelei, wat egter ten opsigte van tekens van sy voorloper verskil. Die Latynse alfabet tel in die tyd van Cicero 21 letters. Vir die weergee van Griekse woorde word Y en Z later toegevoeg. I en V het sowel vokaliese as konsonantiese waarde. In die Middeleeue kom J (konsonant=medeklinker) en U (vokaal=klinker) daarby. W is dubbel V om /w/ weer te gee (die bilabiale semivokaal van, byvoorbeeld, die Engelse: wall, well, will, of Afrikaanse twee, swaai ens).

Letters

[wysig | wysig bron]
BERJAYA
Gebruik van die Latynse alfabet:

 as die enigste amptelike skrif

 as 'n mede-amptelike skrif

 word nie gebruik nie

BERJAYA
Kaart van Europese skrifstelsels:

 Grieks

 Grieks en Latyn

 Latyn

 Latyn en Cyrillies

 Cyrillies

 Georgies

 Armeens

Tans bestaan vir Afrikaanse spelling 'n gebruiklike variant van die Latynse alfabet uit die volgende 26 hoofletters:

ABCDEFGHIJKLM
NOPQRSTUVWXYZ

en die volgende 26 kleinletters:

abcdefghijklm
nopqrstuvwxyz

In baie tale is ekstra letters bygevoeg, of soos in Afrikaans is letters voorsien van diakritiese tekens (kappies, deeltekens ens.) om voorsiening te maak vir taalspesifieke skryfwyses.

  • In Nederlands beskou sommige naslaanwerke die IJ, wat as die Afrikaanse Y uitgespreek word, as 'n aparte letter. Die meeste kies egter om die IJ as 'n kombinasie van die letters I en J te sien, of as spellingsvariant van Y.
  • In Bokmål en Deens is die volgende letters aan die einde van die alfabet gelas:: æ, ø en å. Die letters q, w, x en z word amper nooit in Deens gebruik nie.
  • In Sweeds word die volgende ekstra tekens gebruik: å, ä, en ö. "w" kan in Sweeds as 'n variant van "v" beskou word en slegs in name en leenwoorde gebruik word.
  • In Faroëes is nog 'n paar toegevoeg om die volgende ekstra letters te gee: á, í, ó, ú, ý, ð (edh), ø en æ. Die letters c, q, w en z word nie gebruik nie. Die spesiale letter edh (ð) word op verskillende maniere uitgespreek. Meestal is dit stom.
  • In Yslands is ekstra letters of tekens:: á, é, í, ó, ú, ý, ð (edh), þ (thorn), ö en æ. Die letters c, q, w en z word nie gebruik nie.
  • In Duits word drie diakritiese letters en een bykommende teken gebruik: ä, ö, ü
ß (genoem kringel-S of in Duits: eszett of scharfes s). Die diakritiese letter word soos in Afrikaans nie as deel van die alfabet beskou nie. Die eszett of scharfes s (ß) bestaan net as 'n kleinletter aangesien dit nooit aan die begin van 'n woord kan voorkom nie. Standardisering agv die Duitse spellinghervorming van 1996 het die voorkoms van die letter drasties verminder. Die "ß" word nou net na 'n lang klinker (soos in Fuß "voet" en mäßigen "matig") gebruik, terwyl die kort klinkers altyd 'n "ss" het: byvoorbeeld dass "dat" en Verdruss "verdriet". Die "ß" word gewoonlik sorteer asof dit 'n "ss" is – soms as 'n "s", maar dit word as verkeerd beskou. In Switserland word "ß" nie gebruik nie. Om gestandaardiseerde sleutelborde vir Duits, Frans en Italiaans te skep, word dit vervang met "ss".

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
  • (en) "Latin alphabet". Encyclopædia Britannica. Besoek op 14 November 2025.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]