Pompeius
| Gnaeus Pompeius Magnus | |
Konsul van die Romeinse Republiek | |
| Ampstermyn 52 v.C. – 51 v.C. | |
| Voorafgegaan deur | Marcus Valerius Messalla Rufus en Gnaeus Domitius Calvinus |
|---|---|
| Opgevolg deur | Marcus Claudius Marcellus en Servius Sulpicius Rufus |
| Ampstermyn 55 v.C. – 54 v.C. | |
| Voorafgegaan deur | Gnaeus Cornelius Lentulus Marcellinus en Lucius Marcius Philippus |
| Opgevolg deur | Appius Claudius Pulcher en Lucius Domitius Ahenobarbus |
| Ampstermyn 70 v.C. – 69 v.C. | |
| Voorafgegaan deur | Publius Cornelius Lentulus Sura en Gnaeus Aufidius Orestes |
| Opgevolg deur | Quintus Caecilius Metellus Creticus en Quintus Hortensius |
Goewerneur van Hispania Ulterior | |
| Ampstermyn 58 v.C. – 55 v.C. | |
Persoonlike besonderhede | |
| Gebore | 29 September 106 v.C. Picenum, Romeinse Republiek |
| Sterf | 29 September 48 v.C. (op 58) Pelusium, Ptolemeïese Ryk |
| Eggenoot/-note | Antistia (86–82 v.C.) Aemilia Scaura (82–79 v.C.) Mucia Tertia (79–61 v.C.) Julia (59–54 v.C.) Cornelia Metella (52–48 v.C.) |
| Kind(ers) | Gnaeus Pompeius Pompeia Magna Sextus Pompeius |
Gnaeus Pompeius Magnus (29 September 106 v.C. – 29 September 48 v.C.) was 'n Romeinse generaal en politikus.
Hy is Pompeius Strabo se seun en word saam met hom bekend tydens die Sosiale Oorlog. Hy steun Sulla (83-82 v.C.) en onderdruk Lepidus se opstand in 77 v.C. Hy voer 'n offensief teen Sertorius in Hispania en ná sy terugkoms in Italië onderdruk hy daar Spartacus se slawe-opstand en word in 70 v.C. konsul.[1]
Teen 67 v.C. het Pompeius homself as 'n uiters bekwame generaal en admiraal bewys. Hy word vir drie jaar bevelhebber of nauarch (Grieks: skip, naus, en heerser, archos) om die seerowers van die Middellandse See uit te roei. So 'n opdrag is nooit voorheen gegee nie. Hiervoor het hy 'n meesterplan in werking gestel. Hy het die Middelandse See-gebied in dertien distrikte verdeel en aan elk van sy luitenante een van die gebiede toegeken. Elke luitenant moes dan die seerowers in sy distrik beveg totdat hulle vasgekeer was tussen die magte van elke distrik.
Ná veldtogte teen die seerowers van die Middellandse See, beëindig hy die oorlog teen Mithridates VI in die ooste. Hy eis Syria op as Romeinse provinsie en rig sy aandag op Judea. In 65 word Jerusalem deur die leër van Aretas III van Arabië bedreig. Pompeius stuur sy legioene onder M. Scaurus om hulle te verdryf en beheer oor Judea te kry. Antipater van Idumaea probeer om Hyrcanus en Aristobulus, synde die laaste Hasmoniese konings van Judea, te oortuig dat hulle die Romeine moet vra om hulle koningskap te bevestig. Aristobulus wil hom egter nie aan Rome onderwerp nie, en in 63 v.C. word hy deur Pompeius in die Tempel van Jerusalem gevange geneem. Hyrcanus se posisie word tot ethnarchos pleks van koning verlaag, en Judea word sodoende 'n vasalstaat van Rome.[2]
Na Mithridates se selfmoord in 63 keer Pompeius na Rome terug. In 62 hou hy 'n triomftog en ontbind sy leër. Hy vra vir die senaat om sy soldate grond te gee en sy beleid in die ooste goed te keur. Ongelukkig kry hy baie teenstand van Cato en Lucullus.
Hy word daarom lid van die Eerste Driemanskap met Caesar en Crassus.[1] In 59 trou hy met Caesar se dogter Julia. Caesar gaan na Gallië om dit te verower, en Pompeius bly in Rome aan waar hy baie probleme met Clodius Pulcher en sy teenstanders in die senaat ondervind. In 54 sterf Julia en in 53 verloor Crassus die slag van Carrhae.[2]
In 49-48 breek 'n burgeroorlog uit en verloor hy teen Caesar in die Slag van Pharsalus (9 Augustus 48). Hy vlug na Egipte waar hy by sy aankoms in Alexandrië vermoor word.[1]
Seuns
[wysig | wysig bron]- Gnaeus Pompeius, Pompeius die jongere
- Sextus Pompeius
Bron
[wysig | wysig bron]- KENNIS, vol. 7, 1980, bl. 1414-1415, ISBN 0 7981 0829 0
Verwysings
[wysig | wysig bron]- 1 2 3 The Illustrated Timeline of Military History History timelines, Glen C. Forrest, Anthony A. Evans, David Gibbons, The Rosen Publishing Group, 2011, ISBN 144884794X, ISBN 9781448847945
- 1 2 Encyclopedia of the Roman Empire, Facts on File Library of World History, Matthew Bunson, Infobase Publishing, 2014, ISBN 1438110278, ISBN 9781438110271
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pompeius.
