Patricia Highsmith
Patricia Highsmith | |
|---|---|
Highsmith in 1962 | |
| Gebore | Mary Patricia Plangman 19 Januarie 1921 Fort Worth, Texas, Verenigde State |
| Sterf | 4 Februarie 1995 (op 74) Locarno, Ticino, Switserland |
| Alma mater | Julia Richman High School, Barnard College, Columbia-universiteit (BA) |
| Beroep | Romansier, kortverhaalskryfster |
| Jare aktief | 1942–1995 |
| Handtekening | |
Patricia Highsmith (gebore as Mary Patricia Plangman; 19 Januarie 1921 – 4 Februarie 1995)[1] was 'n Amerikaanse romansier en kortverhaalskryfster wat bekend was vir haar sielkundige spanningsverhale, insluitende haar reeks van vyf romans wat wentel rondom die karakter Tom Ripley.
Tydens 'n loopbaan van byna vyf dekades het sy 22 romans en verskeie kortverhale geskryf, waarvan meer as twee dosyn verwerk is vir rolprent. Haar skryfwerk is beïnvloed deur eksistensialistiese literatuur, [2] en bevraagteken begrippe van identiteit en populêre moraliteit.[3] Die romansier Graham Greene het haar beskryf as "die digteres van angs en benoudheid".[4]
Highsmith is in Fort Worth, Texas, gebore, en grootgemaak deur haar ouma aan moederskant. Sy is op sesjarige ouderdom na New York Stad geneem om by haar ma en stiefpa te woon. Nadat sy in 1942 aan Barnard College gegradueer het, het sy as skryfster vir strokiesprentboeke gewerk, terwyl sy haar eie kortverhale en romans in haar vrye tyd geskryf het.
Haar literêre deurbraak het gekom met die publikasie van haar eerste roman, Strangers on a Train (1950), wat in 1951 vir 'n gelyknamige rolprent verwerk is, met regie deur Alfred Hitchcock. Haar 1955-roman, The Talented Mr. Ripley, is goed ontvang in die Verenigde State en Europa, wat haar reputasie as 'n belangrike skryfster van sielkundige spanningsverhale verstewig het.
In 1963 het Highsmith na Engeland verhuis waar haar kritiese reputasie steeds gegroei het. Na die verbrokkeling van haar verhouding met 'n getroude Engelse vrou, het sy in 1967 na Frankryk verhuis, waar sy gepoog het om haar lewe te herbou. Haar boekverkope was gedurende die tyd hoër in Europa as in die Verenigde State. Haar agent het dit toegeskryf aan haar ondermyning van die gebruike van Amerikaanse misdaadfiksie.
Sy het in 1982 na Switserland verhuis, waar sy voortgegaan het om nuwe werk te publiseer, wat kritici toenemend verdeeld gelaat het. Die laaste jare van haar lewe is gekenmerk deur swak gesondheid, en sy is in 1995 in Switserland aan aplastiese bloedarmoede en longkanker oorlede.
The Times het soos volg oor Highsmith berig: "sy plaas die spanningsverhaal op 'n onaantasbare plek in die rangorde van fiksie." Haar tweede roman, The Price of Salt, wat in 1952 onder 'n skuilnaam gepubliseer is, was 'n baanbrekerswerk vir sy positiewe uitbeelding van lesbiese verhoudings en die optimistiese einde daarvan.
Romans
[wysig | wysig bron]Die romans wat handel oor die karakter Tom Ripley word apart gelys as die "Ripliade".
- Strangers on a Train (1950)
- The Price of Salt (1952) (as Claire Morgan) (in 1990 heruitgegee as Carol onder Highsmith se naam)
- The Blunderer (1954)
- Deep Water (1957)
- A Game for the Living (1958)
- This Sweet Sickness (1960)
- The Cry of the Owl (1962)
- The Two Faces of January (1964)
- The Glass Cell (1964)
- A Suspension of Mercy (1965) (gepubliseer as The Story-Teller in die Verenigde State)
- Those Who Walk Away (1967)
- The Tremor of Forgery (1969)
- A Dog's Ransom (1972)
- Edith's Diary (1977)
- People Who Knock on the Door (1983)
- Found in the Street (1986)
- Small g: a Summer Idyll (1995)
- Die "Ripliade"
- The Talented Mr. Ripley (1955)
- Ripley Under Ground (1970)
- Ripley's Game (1974)
- The Boy Who Followed Ripley (1980)
- Ripley Under Water (1991)
Verwerkings van Highsmith se werk
[wysig | wysig bron]Verskeie van Highsmith se werke is verwerk vir ander mediums; sommige meer as een keer.[5][6][7]
Rolprent
[wysig | wysig bron]- 1951: Strangers on a Train is verwerk vir die gelyknamige rolprent, met regie deur Alfred Hitchcock en vertolkings deur Farley Granger as Guy Haines, Robert Walker as Bruno Anthony, Ruth Roman as Anne Morton, Patricia Hitchcock as Barbara Morton en Laura Elliott as Miriam Joyce Haines.
- 1963: The Blunderer is verwerk vir die Franstalige rolprent Le meurtrier ("Die moordenaar"), met regie deur Claude Autant-Lara en vertolkings deur Maurice Ronet as Walter Saccard, Yvonne Furneaux as Clara Saccard, Gert Fröbe as Melchior Kimmel, Marina Vlady as Ellie en Robert Hossein as Corbi. In Engels staan dit bekend as Enough Rope.
- 1969: Strangers on a Train is verwerk as Once You Kiss a Stranger, met regie deur Robert Sparr en vertolkings deur Paul Burke as Jerry, Carol Lynley as Diana en Martha Hyer as Lee.
- 1977: This Sweet Sickness is verwerk vir die Franstalige rolprent Dites-lui que je l'aime, met regie deur Claude Miller en vertolkings deur Gérard Depardieu as David Martineau, Miou-Miou as Juliette, Dominique Laffin as Lise, en Jacques Denis as Gérard Dutilleux. In Engels staan dit bekend as This Sweet Sickness.
- 1978: The Glass Cell is verwerk vir die Duitstalige rolprent Die gläserne Zelle, met regie deur Hans W. Geißendörfer en vertolkings deur Brigitte Fossey as Lisa Braun, Helmut Griem as Phillip Braun, Dieter Laser as David Reinelt en Walter Kohut as Robert Lasky.
- 1981: Deep Water is verwerk vir die Franstalige rolprent Eaux profondes, met regie deur Michel Deville en vertolkings deur Isabelle Huppert as Melanie en Jean-Louis Trintignant as Vic Allen.
- 1983: Edith's Diary is verwerk vir die Duitstalige rolprent Ediths Tagebuch, met regie deur Hans W. Geißendörfer en met 'n vertolking deur Angela Winkler as Edith.
- 1986: The Two Faces of January is verwerk vir die Duitstalige rolprent Die zwei Gesichter des Januars, met regie deur Wolfgang Storch en vertolkings deur Charles Brauer as Chester McFarland, Yolanda Jilot as Colette McFarland en Thomas Schücke as Rydal Keener.
- 1987: The Cry of the Owl is verwerk vir die Franstalige rolprent Le cri du hibou, met regie deur Claude Chabrol en vertolkings deur Christophe Malavoy as Robert, Mathilda May as Juliette, Jacques Penot as Patrick en Virginie Thévenet as Véronique.
- 1987: Die filmweergawe van Strangers on a Train deur Alfred Hitchcock het as inspirasie gedien vir die Amerikaanse swart komedie-rolprent Throw Momma from the Train, met regie deur Danny DeVito.
- 1989: A Suspension of Mercy (ook bekend as The Story Teller) is verwerk vir die Duitstalige rolprent Der Geschichtenerzähler, met regie deur Rainer Boldt en vertolkings deur Udo Schenk as Nico Thomkins en Anke Sevenich as Helen Thomkins.
- 2009: The Cry of the Owl is verwerk vir die gelyknamige rolprent, met regie deur Jamie Thraves en vertolkings deur Paddy Considine as Robert Forester en Julia Stiles as Jenny Thierolf.
- 2014: The Two Faces of January is verwerk vir rolprent onder 'n gelyknamige titel. Die draaiboek en regie is deur Hossein Amini, met vertolkings deur Viggo Mortensen as Chester MacFarland, Kirsten Dunst as Colette MacFarland en Oscar Isaac as Rydal. Dit is uitgereik tydens die 64ste Berlynse Internasionale Rolprentfees.
- 2014: A Mighty Nice Man is verwerk vir kortfilm, met regie deur Jonathan Dee en met vertolkings deur Kylie McVey as Charlotte, Jacqueline Baum as Emilie, Kristen Connolly as Charlotte se Moeder en Billy Magnussen as Robbie.
- 2015: 'n Filmverwerking van The Price of Salt getiteld Carol, is geskryf deur Phyllis Nagy, met regie deur Todd Haynes, en met vertolkings deur Cate Blanchett as Carol Aird en Rooney Mara as Therese Belivet.
- 2016: The Blunderer is verwerk vir die rolprent A Kind of Murder, met regie deur Andy Goddard en met vertolkings deur Patrick Wilson as Walter Stackhouse, Jessica Biel as Clara Stackhouse, Haley Bennett as Ellie Briess en Eddie Marsan as Mitchell "Marty" Kimmel.
- 2022: Deep Water is weereens verwerk vir die gelyknamige rolprent (2022), met regie deur Adrian Lyne en met Ben Affleck en Ana de Armas in die hoofrolle.
"Ripliade"
[wysig | wysig bron]- 1960: The Talented Mr. Ripley is verwerk vir die Franstalige rolprent Plein soleil (in Engels bekend as Purple Noon), alhoewel die titel in vertaalde vorm "Full Sun" moet lees [8]). Die rolprent is geregisseer deur René Clément, met vertolkings deur Alain Delon as Tom Ripley, Maurice Ronet as Philippe Greenleaf en Marie Laforêt as Marge Duval. Beide Highsmith en die rolprentkritikus Roger Ebert het die draaiboek gekritiseer omdat dit die einde van die rolprent gewysig het om te verhoed dat Ripley ongestraf bly, soos in die roman.[3][9]
- 1977: Ripley's Game (die derde roman in die reeks) en 'n "verhaalfragment" van Ripley Under Ground (die tweede roman in die reeks) is verwerk vir die Duitstalige rolprent Der Amerikanische Freund (The American Friend). Dit is geregisseer deur Wim Wenders, met Dennis Hopper as Ripley. Highsmith het aanvanklik haar afkeur ten opsigte van die rolprent uitgespreek, maar dit later stylvol gevind, alhoewel sy afkeurig was oor die wyse waarop Ripley vertolk is.[10]
- 1999: The Talented Mr. Ripley is verwerk vir die gelyknamige Amerikaanse rolprent. Dit is geregisseer deur Anthony Minghella, met vertolkings deur Matt Damon as Ripley, Jude Law as Dickie Greenleaf en Gwyneth Paltrow as Marge Sherwood.
- 2002: Ripley's Game is verwerk vir die gelyknamige rolprent ('n Engelstalige Italiaanse produksie). Dit is geregisseer deur Liliana Cavani, met John Malkovich as Ripley, Chiara Caselli as Luisa Harari Ripley, Ray Winstone as Reeves Minot, Dougray Scott as Jonathan Trevanny en Lena Headey as Sarah Trevanny. Alhoewel kritici nie eenstemmig was in hul sienings nie, beskou Roger Ebert dit as die beste rolprent oor Ripley.[11]
- 2005: Ripley Under Ground is verwerk vir 'n gelyknamige rolprent. Dit is geregisseer deur Roger Spottiswoode, met vertolkings deur Barry Pepper as Ripley, Jacinda Barrett as Héloïse Plisson-Ripley, Willem Dafoe as Neil Murchison en Tom Wilkinson as John Webster.
- 2024: Ripley is 'n Amerikaanse TV-reeks wat oorspronklik in 2019 aangevra is deur die TV-netwerk Showtime, met regie deur Steven Zaillian en met Andrew Scott as Tom Ripley.[12] Ontwikkeling van die beperkte reeks is in 2023 na die internet-stromingsdiens Netflix verskuif,[13] waar dit in 2024 gestroom is.[14][15]
Televisie
[wysig | wysig bron]- 1958: Strangers on a Train is verwerk deur Warner Brothers vir 'n episode van die TV-reeks 77 Sunset Strip.
- 1982: Tonele uit die Ripley-romans is gedramatiseer vir die episode A Gift for Murder van The South Bank Show, met Jonathan Kent as Tom Ripley. Die episode sluit 'n onderhoud in met Patricia Highsmith.[16]
- 1983: Deep Water is verwerk vir 'n tweedelige minireeks vir Duitse televisie as Tiefe Wasser. Dit is geregisseer deur Franz Peter Wirth, met Peter Bongartz as Vic van Allen, Constanze Engelbrecht as Melinda van Allen, Reinhard Glemnitz as Dirk Weisberg, Raimund Harmstorf as Anton Kameter en Sky du Mont as Charley de Lisle.[17][18]
- 1987: The Cry of the Owl is verwerk vir Duitse televisie as Der Schrei der Eule, met regie deur Tom Toelle en met vertolkings deur Matthias Habich as Robert Forster, Birgit Doll as Johanna Tierolf, Jacques Breuer as Karl Weick, Fritz Lichtenhahn as Inspektor Lippenholtz en Doris Kunstmann as Vicky.
- 1993: The Tremor of Forgery is verwerk vir die Duitse televisiefilm Trip nach Tunis. Dit is geregisseer deur Peter Goedel, met vertolkings deur David Hunt as Howard Ingham, Karen Sillas as Ina Pallant en John Seitz as Francis J. Adams.
- 1995: Little Tales of Misogyny is verwerk vir die Spaanse/Katalaanse televisiefilm Petits contes misògins, met regie deur Pere Sagristà en vertolkings deur Marta Pérez, Carme Pla, Mamen Duch en Míriam Iscla.
- 1996: Strangers on a Train is verwerk vir televisie onder die titel Once You Meet a Stranger, met regie deur Tommy Lee Wallace en met vertolkings deur Jacqueline Bisset as Sheila Gaines ("Guy"), Theresa Russell as Margo Anthony ("Bruno") en Celeste Holm as Clara. Die geslag van die twee hoofkarakters is van manlik na vroulik verander.
- 1996: A Dog's Ransom is verwerk vir die Franse televisiefilm La rançon du chien, met regie deur Peter Kassovitz en vertolkings deur François Négret as César, François Perrot as Edouard Raynaud, Daniel Prévost as Max Ducasse en Charlotte Valandrey as Sophie.
Toneel
[wysig | wysig bron]Radio
[wysig | wysig bron]- 2002: 'n Vierdelige radiodrama van The Cry of the Owl is uitgesaai deur BBC Radio 4, met John Sharian as Robert Forester, Joanne McQuinn as Jenny Theirolf, Adrian Lester as Greg Wyncoop en Matt Rippy as Jack Neilsen.[21]
- 2009: Die volledige "Ripliade" is gedramatiseer deur BBC Radio 4, met Ian Hart as Tom Ripley.[22]
- 2014: 'n Vyfdelige verwerking van Carol (ook bekend as The Price of Salt) is deur BBC Radio 4 uitgesaai, met Miranda Richardson as Carol Aird en Andrea Deck as Therese Belivet.[23]
- 2019: 'n Vyfdelige uitsending van 'n klompie kortverhale (One for the Islands, A Curious Suicide, The Terrors of Basket-Weaving, The Man Who Wrote Books In His Head, The Baby Spoon) deur BBC Radio 4.[24]
Radio-onderhoude
[wysig | wysig bron]- "Patricia Highsmith". Desert Island Discs. BBC Radio 4. 21 April 1979. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2016. Besoek op 22 Junie 2025.
- "The Black House by Patricia Highsmith". Meridian. BBC World Service. 8 Augustus 1980. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2017. Besoek op 22 Junie 2025.
- "Patricia Highsmith interviewed by Don Swaim on October 29, 1987". Book Beat. WCBS-Radio. 29 Oktober 1987. Besoek op 22 Junie 2025. (verkrygbaar via die digitale argiewe van die biblioteek van die Universiteit van Ohio)
- "Patricia Highsmith, In Conversation". ICA talks. Institute of Contemporary Arts. 27 September 1991. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2014. Besoek op 22 Junie 2025.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Mary P Highsmith". FamilySearch. Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae (verkry van die United States Social Security Administration Death Master File).
- ↑ Shore, Robert (7 Januarie 2000). "The talented Ms Highsmith". The Guardian. Besoek op 29 Maart 2017.
- 1 2 Wilson, Andrew (24 Mei 2003). "Ripley's enduring allure". The Daily Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2015. Besoek op 6 Oktober 2015.
{{cite news}}: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link) - ↑ Highsmith, Patricia (1970). "Foreword". Eleven (1st uitg.). William Heinemann Ltd. p. xi. ISBN 0-434-33510-X.
- ↑ Arn, Jackson (25 November 2015). "Adaptation: Patricia Highsmith". Film Comment. Film Society of Lincoln Center. Besoek op 11 Maart 2016.
- ↑ Nolan, Monica (Herfs 2015). "Everyone Is Guilty: The Films of Patricia Highsmith" (PDF). Noir City. Film Noir Foundation. Besoek op 5 April 2016.
- ↑ Morris, Bill (25 November 2015). "The Filmable Miss Highsmith". The Millions. Besoek op 28 Maart 2017.
- ↑ Lesser, Wendy (27 Julie 2016). "Purple Noon: A superior take on The Talented Mr. Ripley". Library of America. Besoek op 1 Mei 2019.
- ↑ Ebert, Roger (3 Julie 1996). "Purple Noon". RogerEbert.com. Besoek op 6 Oktober 2015.
- ↑ Peary, Gerald (Lente 1988). "Patricia Highsmith". geraldpeary.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 6 Oktober 2015.
- ↑ Ebert, Roger (9 April 2006). "Ripley's Game". Chicago Sun-Times. Besoek op 6 Oktober 2015 – via RogerEbert.com.
- ↑ Malone, Michael (25 September 2019). "Showtime to Turn Highsmith's 'Ripley' Novels Into Series". Broadcasting & Cable. Besoek op 15 Oktober 2019.
- ↑ Porter, Rick (10 Februarie 2023). "'Ripley' Series Moving From Showtime to Netflix". The Hollywood Reporter. Besoek op 3 April 2023.
- ↑ Petski, Denise (22 Januarie 2024). "'Ripley' Teaser Trailer Unveils First Look At Andrew Scott As Tom Ripley; Netflix Premiere Date". Deadline Hollywood. Besoek op 5 April 2024.
- ↑ Lloyd, Robert (4 April 2024). "Netflix's 'Ripley' is a scrupulous, stylish adaptation with Andrew Scott as its star". Los Angeles Times. Besoek op 5 April 2024.
- ↑ Nagy, Phyllis (26 Desember 2016). "Not Easily Pleased". Metrograph Theatre. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2017. Besoek op 28 Maart 2017.
- ↑ Metzler, J.B. (2001). Lexikon Literaturverfilmungen: Verzeichnis deutschsprachiger Filme 1945–2000 (in Duits) (1st uitg.). Stuttgart, Duitsland: Springer-Verlag. p. 88. ISBN 978-3-476-01801-4.
- ↑ Walt, G. "Tiefe Wasser". Zauberspiegel (in Duits). Besoek op 4 Julie 2018.
- ↑ Benedict, David (29 September 1998). "Theatre: Getting away with murder". The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2018. Besoek op 26 Maart 2017.
- ↑ Marks, Peter (17 September 2010). "Karl Miller shines as 'Talented Mr. Ripley' at Round House Theatre". The Washington Post. Besoek op 26 Maart 2017.
- ↑ "Patricia Highsmith – The Cry of the Owl". BBC Radio 4. Junie–Julie 2002.
- ↑ "The Complete Ripley". BBC Radio 4. Februarie–Maart 2009.
- ↑ "Carol". 15 Minute Drama. BBC Radio 4. Desember 2014.
- ↑ "Patricia Highsmith Stories". Short Works. BBC Radio 4. Desember 2019. Besoek op 9 Oktober 2020.
Nog leesstof
[wysig | wysig bron]- Attallah, Naim (1 Oktober 2014). "Patricia Highsmith". Naim Attallah Online. (1993-onderhoud).
- Bradford, Richard (19 Januarie 2021). "Patricia Highsmith's Confessions and Rebellions at Yaddo". Literary Hub.
- Dirda, Michael (2 Julie 2009). This Woman Is Dangerous. The New York Review of Books.
- Dupont, Joan (12 Junie 1988). Criminal Pursuits. The New York Times.
- Helmore, Edward (26 Oktober 2019). Diaries expose 'strong brew' of Ripley novelist Patricia Highsmith's dark thoughts. The Guardian.
- McCann, Sean (1 April 2011). "Frequently as a rat has orgasms". New York City in the '40s, Wesleyaanse-universiteit.
- Perrin, Tom (18 Desember 2012). On Patricia Highsmith. Post45 Journal. ISSN 2168-8206.
- Rayner, Richard (17 Julie 2011). Paperback Writers: Classic Patricia Highsmith. Los Angeles Times.
- Schenkar, Joan (25 Februarie 2016). What Patricia Highsmith did for love: 'The Price of Salt' and the secrets behind 'Carol'. Los Angeles Times.
- "Patricia Highsmith: Tentoonstelling van die Switserse Nasionale Biblioteek: 10 Maart – 10 September 2006" (PDF). Switserse Nasionale Biblioteek. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 Oktober 2015.
- Boeke
- Wilson, Andrew, Beautiful Shadow - A life of Patricia Highsmith. Bloomsbury Publishing Londen 2004
- Rzepka, Charles J.; Horsley, Lee, reds. (2010). A Companion to Crime Fiction. John Wiley & Sons. pp. 6, 40–41, 84, 160–162, 193–194, 503–509. ISBN 978-1444317923.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met Patricia Highsmith. |
- Patricia Highsmith Life Papers and Documents, Switserse Nasionale Biblioteek
- Patricia Highsmith First Edition Book Cover Gallery (Verenigde Koninkryk uitgewers). Existential Ennui, 2013.
- Patricia Highsmith in die Internet-rolprentdatabasis
