close
Gaan na inhoud

Hooikoors

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Hooikoors of "rhinitis vasomotorica" ("rhis" is die Griekse woord vir neus en "vasomotorica" het betrekking op die verwyding van bloedvate) is ´n oorgevoeligheidsreaksie van die neusslymvlies en bindvlies op sommige stuifmeelsoorte. Dit word gekenmerk deur waterige afskeiding uit die neus, genies, tranende oë en hoofpyn.