Danegeld
Voorkoms
Danegeld (letterlik "Denegeld") was 'n belasting wat in beide Engeland en die Frankiese Ryk gehef is om beskermingsgeld aan die Wikingveroweraars te betaal sodat die lande nie geplunder word nie. Dit was van die negende tot die elfde eeu die gebruik om sulke geld in te samel, vir 'n heffing aan die aanvallers sowel as 'n soldy aan die verdedigingsmagte.[1]
Die Wikings se ekspedisies na Engeland was gewoonlik onder leiding van Deense konings, maar die magte het bestaan uit vegters van oor die hele Skandinawië, en hulle het gewoonlik meer as 100 ton silwer huis toe gebring.[2] Die term "Danegeld" is van die laat 11de eeu af in Engeland gebruik; dit was voorheen as gafol ("heffing") of gyld bekend.[3][4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Lipson, E. (1959). The Economic History of England. Vol. 1 (12de uitg.). Londen: Adam & Charles Black. p. 16.
- ↑ Edberg, Rune. "Runriket Täby-Vallentuna – en handledning" (PDF) (in Sweeds). stockholms.lans.museum. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Februarie 2008.
- ↑ "Project Gutenberg".
- ↑ "Gafol". An Anglo-Saxon Dictionary Online. (2010). Comp. Sean Christ and Ondřej Tichý. Faculty of Arts, Charles University in Prague.
Nog leesstof
[wysig | wysig bron]- Encyclopædia Britannica
- Cohen, Robert Paul (2018). Danegeld, The Land Tax in England c.991-1162 (Thesis). Oxford, UK: Oxford University Research Archive.
Skakels
[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
